Leesplan inligting

Hoe Om Met Pornografie Op Te HouVoorbeeld

How to Quit Porn

DAG 3 VAN 5

Hoe Beweeg Ek Hierby Verby? (Deel 1)



Vandag gaan ons prakties raak, want pornografie is 'n gif wat ons ander laat sien as voorwerpe wat gebruik kan word eerder as mense wat ons moet liefhê. As 'n gemeenskap van geredde en verloste mense wat geroepe is om saam met God sy missie te vervul om redding en verlossing vir die mensdom te bring, kan ons nie bekostig om deur wellus regeer te word nie. 



Hoe beweeg ons dan verby die tronk van pornografie na die vryheid wat God aan ons bied? 



Deur berou te toon. Wat beteken dit presies? Berou of bekering is wanneer ons wegdraai van sonde en na God toe draai. Dit is soveel meer as net om sleg te voel oor wat ons gedoen het of om 'n halfhartige verskoning aan te bied. Bekering is 'n opregte lewensverandering. Bekering is wanneer ons erken ons het foute gemaak en ons verbind ons om 'n verandering te maak



Hier is die goeie nuus: God weet reeds wat jy gedoen het, en tog het Hy steeds vir jou aan 'n kruis gesterf. Jou sonde is nie vir God te groot nie. Die vergifnis en vryheid waarna jy verlang, kan gevind word deur weg te draai van jou sonde en na God toe te draai. 



Hoe langer ons ons sonde wegsteek, hoe makliker is dit om wat ons gedoen het te verwar met wie ons is. Dit is waar skande vandaan kom. Skande is die geloof dat omdat ons iets sleg gedoen het, is ons sleg. Wanneer ons egter ons sonde aan God bely, reageer Hy met vergifnis en herinner ons wie ons regtig is. 



Nadat ons erken het dat ons foute gemaak het, is die volgende stap om 'n verbintenis tot verandering te maak.



Die treurige realiteit is dat baie Christene in die tronk van pornografie bly omdat hulle vir God wag om al die werk vir hulle te doen. Die waarheid is: God het vir ons almal 'n vrye wil gegee, en omdat Hy ons liefhet, weier Hy om die vrye wil te systap en ons te beroof van die geskenk van keuse. Dit beteken as ons aanhoudend kies om na sonde en pornografie terug te keer, gaan God ons nie keer nie. 



Beteken dit dat God net hande gevou sit en wag, en van ons verwag om al hierdie probleme op ons eie op te los? Natuurlik nie! God het jou met sy Gees vervul, Hy het jou toegang tot sy Woord gegee, en Hy het jou omring met mense wat jou liefhet! God het jou reeds alles gegee wat jy nodig het om verby pornografie te beweeg. 



Hoe lyk dit wanneer dit by pornografie kom? Dit lyk so: 




  • Doen alles wat jy vandag kan om die versoeking uit te skakel, sodat jy dit nie môre hoef te weerstaan nie 

  • Leer jouself om ander as mense te sien wat jy kan liefhê in plaas van voorwerpe wat jy kan gebruik 

  • Kry hulp van die mense wat God in jou lewe geplaas het


Môre sal ons in meer besonderhede kyk na elkeen van hierdie stappe, maar vir nou, bestee tyd om jou sondes aan God te bely sodat jy die vergifnis kan ervaar wat nog die hele tyd beskikbaar was. 



Bid: Hemelse Vader, ek erken dat ek verbrou het. Ek het gesondig. Ek het na goed gekyk en oor goed gedink wat ek weet ek nie moes nie. Ek het u vergifnis nodig. Ek wil nie meer hierdie goed wegsteek nie. Ek wil vrygemaak word van die tronk van pornografie en ek wil na u genade terugkeer. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How to Quit Porn

Ons leef in 'n wêreld waar pornografie meer toeganklik en aanvaarbaar is as ooit tevore. Dit bring ons by die vraag: "Is pornografie regtig so sleg?" As dit so sleg is: "Is vryheid dan enigsins moontlik?" As dit is, hoe ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid