Leesplan inligting

Koninkryk KomVoorbeeld

Kingdom Come

DAG 8 VAN 15

GEBED:



Vader, ek is dankbaar dat U my toelaat om U as hemelse Vader aan te spreek. Dankie dat U my liefhet en my naby U wil hê. 







LEESSTUK:



Toe Jesus se dissipels Hom gevra het om hulle te leer hoe om te bid, het Hy vir hulle hierdie voorbeeld gegee. Ons kan op verskeie maniere hierdie gebed as 'n padkaart gebruik hoe om ons eie gebedslewe te benader. Een van die mees diepgaande lesse wat Jesus ons deur hierdie gebed leer, kry ons in die eerste twee woorde: "Ons Vader".







Deur die woord "Vader" te gebruik, bepaal Jesus die soort verhouding wat ons met God kan hê. Dit was 'n groot kopskuif vir die eerste-eeuse Joodse volgelinge. Dit was nie vir hulle 'n algemene benadering om die almagtige God in sulke familiêre en intieme taal aan te spreek nie. Dalk was dit juis die punt wat Jesus wou maak.







Indien ons aan God dink as ons hemelse baas of hemelse voorbeeld of selfs ons hemelse vriend, dan sal ons gebedslewe in 'n drasties verskillende wyse gevorm word. Hierdie titels bring verwagtinge en beperkinge in die verhouding. 







Stel jou voor 'n werknemer loop in die baas se kantoor met 'n versoek. Daar sal 'n sekere toon in die interaksie wees, dié van eerbied en respek. Stel jou dan voor die baas se vyfjarige dogtertjie kom die vertrek binne en vra vir 'n lekker. Sy sal hom op 'n heeltemal ander manier benader, miskien selfs op sy skoot klim en haar versoek saggies fluister. Hoekom tree een persoon anders op as 'n ander? Dit is weens die verskillende soort verhoudings. Die soort verhouding wat jy het, bepaal die vlak van toegang en intimiteit. 







Dit is hoekom Jesus se woorde so diepgaande is. Wanneer Hy vir ons sê om "Ons Vader" te bid, maak Hy 'n drastiese stelling oor die soort verhouding wat ons met God kan hê. Deur Jesus is ons in die familie van God aangeneem en ons kan met vrymoedigheid nader omdat ons in 'n verhouding genooi is wat op toegang en intimiteit gevestig is.







(Nie almal het grootgeword met die voorreg van 'n liefdevolle vader wat hul gevoelens en behoeftes geprioritiseer het nie. Vir sommige kan dit seermaak om hul begrip van 'n "vader" aan hul verhouding met God te koppel. Daar mag vir hulle eers 'n lang genesingsreis voorlê voordat hulle daardie naam vir God kan gebruik met die sekerheid van sy liefde. Moet egter nie toelaat dat hierdie seer jou aandag aftrek van die hoofpunt wat Jesus maak deur die woord "Vader" te gebruik nie — dat jy God met vertroue in 'n verhouding van toegang en intimiteit kan nader. God word nie begrens deur die perke en wonde van ons aardse vaders nie. Hy het jou lief soos 'n volmaakte Vader.)







NADENKE:



'n Verhouding met God is een wat deur toegang, intimiteit en vrymoedigheid bepaal word. Gee kans dat dit insink. Hoe buitengewoon is dit dat Jesus dit vir ons moontlik maak om daardie soort verhouding met God te hê!



Staan 'n paar oomblikke af om die volgende vrae in jou dagboek te beantwoord. Vra die Heilige Gees terwyl jy skryf, om jou te wys hoe God verlang om in 'n hegte verhouding met jou, sy kind, te wees. 



Hoe lyk jou huidige verhouding met God? Is daar enige dele in jou hart of lewe waaroor jy aarsel om aan Hom toe te vertrou? Hoe sou dit wees om die Vader met volle vertroue te nader in die wete dat Hy jou liefhet en jou naby wil hê?     






Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Come

Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om ...

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid