Leesplan inligting

Koninkryk KomVoorbeeld

Kingdom Come

DAG 13 VAN 15

GEBED:



Vader, ek wil ander seën omdat U my geseën het. Wys my hoe om dit vandag te doen en gee my ook die moed om daarmee vol te hou.







LEESSTUK:



Verbeel jou jy blaai deur jou sosiale media voer en jy kom by 'n plasing wat dadelik jou aandag trek. Dit verwys na iets wat êrens in die wêreld baie verkeerd is. Jou hart is onmiddellik gemotiveer om betrokke te raak en iets aan die saak te doen. Jy deel dus die plasing en voeg jou eie kommentaar by om te wys hoe onthuts jy is dat niemand genoeg omgee om iets aan die saak te doen nie. Dan … gaan jy met jou lewe voort, want jy voel goed oor jouself omdat jy betrokke geraak het. Jy gaan nêrens heen nie. Dit was nie nodig om 'n aangesig-tot-aangesig gesprek met iemand te voer nie. Eintlik doen jy niks nie, tog voel dit vir jou so. 







Klink dit bekend? Hierdie soort betrokkenheid het 'n naam. Dit word "leunstoelaktivisme" genoem. Dit is 'n kortpad na ons begeerte om van die wêreld 'n beter plek te maak. Dit beteken nie om belangrike idees en artikels te deel geen doel dien nie. Tog, om inligting slegs te deel, is maar net die eerste treetjie van 'n lang reis. Indien ons die begeerte bevredig om betrokke te raak, voor ons dit hoegenaamd gedoen het, loop ons 'n betekenisvolle deel mis van wat God in en deur ons wil doen. Dis soos om na jou gunsteling Italiaanse restourant te gaan en jou vol brood te eet voor die voorgereg nog gebring is. Jy loop die ete mis wat jy eintlik wou gehad het. 







God se roeping aan ons is om veel meer as bloot "leunstoelaktiviste" te wees. In die versies hierbo sê God vir Abram (later na Abraham vernoem) dat Hy hom gaan seën, maar God sê terselfdertyd vir hom dat hy "'n seën" sal wees. Dit is 'n gawe waaraan 'n doel gekoppel is. God seën vir Abram sodat hy ander kan seën. 







Hierdie tema sien ons ook regdeur die Nuwe Testament. Paulus verwys daarna in 2 Korintiërs 1:3-7. Hy skryf van die bemoediging waarmee God ons seën sodat ons ook ander kan bemoedig. In ons kultuur en samelewing mag ons in die versoeking kom om Paulus se woorde so oor te skryf: "Jy is deur God bemoedig, dus kan jy 'n sosiale media-plasing maak oor die baie mense in die wêreld wat bemoediging nodig het en jy maak seker mense weet hoe erg jy dink dit is dat niemand daaroor omgee nie."







Moenie in hierdie strik trap nie. Dit is nie genoeg om bloot 'n ander se verontwaardiging oor wat verkeerd is te "hertwiet" nie. God se roeping aan ons is juis om deel van die oplossing te wees, wat baie moeiliker en uitdagender, maar beduidend meer bevredigend is. 







Indien jy jou vertroue in God geplaas het, wat nie gehuiwer het om betrokke te raak nie, of sy bloed ter wille van jou te stort nie, dan is dit sinvol dat van ons verwag sal word om dieselfde aan ander te doen. 







Deur Jesus het God so baie seëninge aan ons beskikbaar gemaak, maar Hy het ons terselfdertyd 'n roeping en doel gegee — om die wêreld te seën. Ons is geroepe om oorvloediglik ons tyd, hulpbronne en energie, as God se vennoot, aan hierdie gebroke wêreld deur genesing en hernuwing te bring. Ons is geseën om ander te seën en verander om verandering aan te bring.







NADENKE:



Dit is moontlik dat jou lewe die enigste lewegewende boodskap is wat iemand hoor. Wat sê jou lewe oor wat vir jou belangrik is? Wat kommunikeer jou lewe oor wat vir God belangrik is? 







Staan vandag 'n bietjie tyd af om oor hierdie vrae in jou dagboek te skryf. Wat is vir jou belangrik? Vra God om aan jou te openbaar watter gedeeltes in jou hart verhoed dat jou lewe weerspieël wat waarlik vir jou kosbaar is. 






Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Come

Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om ...

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid