Leesplan inligting

Koninkryk KomVoorbeeld

Kingdom Come

DAG 1 VAN 15

GEBED:



Vader, maak vandag my oë oop dat ek myself kan sien soos U my sien. 







LEESSTUK:



Ons identiteit is die verhaal wat ons aan onsself oor onsself vertel. Daardie verhaal word regdeur ons lewens gevorm deur ons betekenisvolle verhoudings en ervarings. Dit is die lens waardeur ons na die wêreld kyk. Ons is dikwels nie eens daarvan bewus nie, tog beïnvloed dit baie van ons besluite en bepaal hoe ons teenoor mense en in omstandighede gaan reageer.







'n Voorbeeld is wanneer jy êrens in jou verlede die boodskap dat jy nie liefde werd is nie, tot so 'n mate jou eie gemaak het, dat jy geneig is om verwerping oral om jou te sien. Of, wanneer jou verhaal lui dat jy net van waarde is wanneer jy suksesvol is, mag jy die lewe as 'n kompetisie sien en geslinger word tussen emosionele hoogte- en laagtepunte, afhangende van jou jongste optrede.







Hierdie stories, of verhale, is ongelooflik kragtig en kan grotendeels jou lewe vorm. God weet hiervan. Een van die vernaamste maniere hoe Hy verandering teweegbring, is deur ons ou verhaal met 'n nuwe een te vervang. 







In sy brief aan die Efesiërs, begin Paulus met die beskrywing van 'n nuwe verhaal wat bepaal wat oor Jesus se volgelinge waar is. Hy skets 'n nuwe manier om hulself te sien — die manier hoe God hulle sien. Paulus herinner hulle aan wat God vir hulle gedoen het. Hy help hulle dus om te verstaan wat nou die waarheid oor hulle is, as gevolg van wat God vir hulle gedoen het. Al hierdie dinge is ook waar van ons. Dit is waar, ongeag hoe ons voel. Dit is waar, selfs al het jy niks gedoen om dit te verdien nie. Dit is waar, bloot omdat God so gesê het.







NADENKE:



Staan tyd af om 'n lys te maak van al die dinge in hierdie gedeelte wat van jou as volgeling van Jesus waar is. Moenie jaag nie, maar gaan stadig genoeg sodat jy kan inneem wat daar staan. Na watter een of twee waarhede voel jy aangetrokke? Van watter waarhede wil jy baie meer hê? Skryf dit op 'n plakpapiertjie of indekskaartjie wat jy êrens kan sit om daagliks daaraan herinner te word. 






Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Come

Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om ...

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid