Leesplan inligting

Koninkryk KomVoorbeeld

Kingdom Come

DAG 6 VAN 15

GEBED:



Vader, help my om vandag aan U verbonde te bly. 







LEESSTUK:



Dis maklik om hierdie verse in Galasiërs verkeerd te verstaan. Dit word dikwels verkeerd aangehaal as die "vrugte" van die Gees. Dit kom voor asof Paulus 'n lys maak van verskillende, onverwante eienskappe wat in die lewe van 'n volgeling van Jesus sal voorkom. Paulus sê nie "vrugte" nie, maar spesifiek "vrug". Hy gebruik die enkelvoud, maar wat bedoel Paulus hier?







Jonathan Edwards, die agtiende-eeuse teoloog, het die volgende hieroor te sê: "… dit kom voor dat al die genadegawes van die Christendom hier aaneengeskakel en aanmekaar verbind is, wat daarop dui dat dit onderling- verbind en afhanklik is."







Met "aaneengeskakel" word bedoel dat al die genadegawes van die Christendom soos 'n ketting se skakels bymekaar aansluit. Dit beteken dus dat ons nie in slegs een van hierdie genadegawes kan groei en die res onaangeraak laat nie. Indien dit ware geestelike groei is, sal al hierdie eienskappe gelyktydig groei. 







Dit is belangrik om te verstaan, anders is dit maklik om hierna te kyk as 'n om-te-doen-lysie — of 'n "om-te-wees"-lysie. Ons voel onder druk om hierdie eienskappe op die een of ander manier deur wilskrag en moeite te skep. Sommige van hierdie eienskappe mag dalk makliker ontwikkel weens ons geaardhede of persoonlikhede. Ander voel weer onbereikbaar — en die versoeking is groot om te dink dat God nie regtig geïnteresseerd is om daardie gedeeltes in ons te verander nie.







Wanneer ons van vrug praat, nie vrugte nie, groei ons genadegawes eweredig. Jy kan nie vreugde sonder liefde, vrede sonder vriendelikheid, goedhartigheid sonder selfbeheersing hê nie — ten minste nie met langdurige effek soos God hierdie genadegawes in jou lewe wil hê nie. Dit is dus nie onafhanklike vrugte nie, maar verskillende dele van dieselfde vrug — die vrug wat slegs deur God se krag kan groei wanneer ons in verbondenheid aan Hom lewe.







Moet dus nie ontmoedig word deur hoe jy hierdie karaktereienskappe bymekaar voeg nie — dis nie 'n taaklysie wat jy moet voltooi nie. Dit is eintlik God wat vir jou 'n kykie gee in die werk waaraan Hy Homself verbind het om in jou lewe te doen terwyl jy met Hom wandel. 







NADENKE:



Hierdie vrug van die Gees groei deur aan die bron, die wingerdstok self, naamlik Jesus, verbonde te bly. Wat is die toestand van die grond in jou hart terwyl jy aan hierdie prentjie dink? Is dit droog of deurnat? Is dit maklik bewerkbaar of dig saamgepak? Is daar enigiets anders geplant wat met Jesus in jou lewe wedywer?







Nooi God om op 'n vars manier in jou hart te beweeg en vra Hom om jou te wys hoe dit sal wees om voortdurend gewortel te bly, en afhanklik van sy liefde te wees.






Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Come

Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om ...

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid