Leesplan inligting

Koninkryk KomVoorbeeld

Kingdom Come

DAG 14 VAN 15

GEBED:



Vader, U het my geskep met 'n doel. Help my om met daardie doel voor oë te leef. Rig my oë op maniere hoe ek ander baie lief kan hê en hulle na U lei.









LEESSTUK: 



God het ons doelbewus geskep — en met 'n doel. Glo dit of nie, maar Hy het alreeds maniere voorberei hoe jy die liefde van God met ander kan deel en demonstreer. (Ingeval jy wonder, Hy weet waar jy werk!)







Baie van Jesus se volgelinge lei lewens wat in diskrete kategorieë verdeel is, veral wanneer dit by hul beroepslewe en geloof kom. Wat as jou werk een van die vernaamste maniere is waar God jou geloof wil laat groei? 







Het jy geweet dat die gemiddelde persoon ongeveer 90 000 ure — ongeveer een derde van hul volwassenheid — by die werk deurbring? As ons geloof nie duidelik in ons beroepslewe is nie, dan sê dit bitter min oor wat ons met 'n groot gedeelte van ons tyd doen. God gee geweldig baie oor ons werk om en hoe ons as Jesus se volgelinge ons werk benader. 







Ons kerke het ook nie veel bygedra om mense te help om dieper betekenis en doel in hul beroepe te ontdek nie. Om die waarheid te sê, sommige preke skep die indruk dat die enigste manier om God te dien, is om jou werk te los en by die kerk te gaan werk. Dit kan egter nie verder van die waarheid af wees nie. 







Die kerkhervormer, Martin Luther, het geskryf: "Die Christen skoenmaker doen sy plig, nie deur klein kruisies op skoene te sit nie, maar deur goeie skoene te maak, want God stel belang in deeglike vakmanskap."







Dorothy Sayers, 'n aktivis en skrywer, het soortgelyke kommentaar gelewer: "Die kerk se benadering tot 'n intelligente skrynwerker is normaalweg beperk tot 'n vermaning om nie in sy ontspanningstye dronk te word of hom wanordelik te gedra nie en op Sondae kerk toe te kom. Eintlik moet die kerk vir hom sê die belangrikste vereiste wat sy godsdiens van hom verwag, is dat hy goeie tafels moet maak."







Die waarheid is dat byna elke soort werk op een of ander manier bydra tot die voordeel van ander. As sulks is ons werk dus een van die maniere hoe God sy liefde en versorging aan sy skepping skenk. Om God dus deur jou werk te dien, beteken nie jy moet jou werk los om by die kerk te gaan werk nie — jy kan God by jou werk dien deur eenvoudig 'n aanpassing van jou siening oor jou werk te maak. Dalk moet jy na jou werk kyk deur die lens van die positiewe invloed wat dit op ander het. Miskien moet jy ook jou toewyding hernu om kwaliteit werk met integriteit te lewer. Of dalk moet jy eenvoudig besef dat God jou vir 'n rede geplaas het waar jy is en jou vir "goeie werke voorberei" het om te doen presies daar waar jy vir 40 uur per week is.







NADENKE:



Vra jouself 'n paar vrae af terwyl jy nadink oor hoe jou werk en lewe mekaar kruis:



• Op watter maniere dien jou werk ander mense?



• Hoe sou dit wees om meer daarop te fokus om ander deur jou werk te dien?



• Hoe kan jy die kultuur in jou werksplek op 'n positiewe manier beïnvloed?



Staan 'n bietjie tyd af om jou antwoorde in 'n dagboek te skryf. Moenie deur die antwoorde jaag nie al lyk die vrae maklik. Nooi God in jou gesprek deur te bid terwyl jy jou gedagtes neerskryf. Vra die Heilige Gees om jou gedurende jou werksure meer van sy teenwoordigheid en leiding bewus te maak. Oorweeg 'n gewoonte om God elke dag te vra: "Aan wie wil U hê moet ek vandag u liefde bewys?" Wees dan gereed om op sy leiding te reageer. 






Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Come

Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om ...

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid