Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 6 VAN 31

"Keuses"



"Dit maak nie regtig saak nie, nie waar nie? Ek is 'n volwassene en ek kan doen net wat ek wil. 'n Duik in sy/haar motor sal my SOOOVEEL beter laat voel!"



Die meeste mense besef nie dat hulle lewenskeuses gevolge het nie. Hulle vind dit ongelukkig te laat uit. Het jy al so iemand ontmoet? Is jy al daar?



So baie mense gaan deur die lewe deur die dinge te doen wat vir hulle reg voel of wat iemand anders vir hulle sê om te doen. Wanneer was die laaste keer dat hulle tot stilstand gekom het en nagedink het oor wat die gevolge van hulle dade gaan wees?



God het jou verstand gegee, GEBRUIK DIT!!



Verantwoordelike ouers keer hulle kinders voordat hulle aan 'n warm stoofplaat raak. Kinders mag dalk nie besef dat dit pynlik gaan wees nie! As ouers is dit ons verantwoordelikheid om ons kinders te beskerm omdat ons weet wat die gevolge gaan wees as ons dit nie doen nie. So ook wil God jou op dieselfde manier beskerm.



Die lewenskool in 'n HARDE skool. Dit maak seer en veroorsaak seer ook vir ander. Die lewe is nie net skoenlappers en eenhoringponies nie. Moenie dit moeiliker maak as wat dit alreeds is nie.

God het jou gemaak met 'n gewete en jy weet wat is reg en verkeerd.



Moenie keuses maak gebaseer op hoe jy nou voel nie. Moenie die emosies wat op die oomblik 'n rol in jou lewe speel, vertrou nie. Weeg die gevolge van jou moontlike dade op teenoor die baie moontlike spyt wat mag volg.



Gebed

Vader, help my om keuses te maak wat nie nog meer seer en lyding sal veroorsaak nie. Skenk aan my die waagmoed om die regte besluite te neem. In Jesus Naam. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid