Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 11 VAN 31

"Dankbaarheid"



Sommige mense sal vir jou sê dat jy dankbaar behoort te wees om ontslae te wees van daardie meulsteen om jou nek. Ek bevraagteken daardie uitspraak. Om dankbaar oor 'n egskeiding te wees, is vergelykbaar daarmee om dankbaar te wees oor 'n ongeluk wat beserings of dood veroorsaak het. Dit is malligheid!



Egskeiding is 'n gebeurtenis in 'n mens se lewe wat veroorsaak dat alles bevraagteken word; jou eie oordeel en dié van ander. Dit open ook jou oë sodat jy weet dat, ongeag wat ook al gebeur, jy altyd nog iets sal oorhê.



Selfs al het jy jou huwelik, eggenoot, kinders, finansies, huis, werk, kar, ens. verloor, is daar nog steeds baie dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. Waar jy jou ook al in die genesingsproses bevind, net die feit dat jy nog lewe en hierdie lees, is al 'n begin.



Wanneer jy tot stilstand kom en 'n voorraadopname doen van alles wat jy oorhet, sal dit drasties verskil van wat jy gehad het, maar jy sal dinge raaksien wat jy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het: ondersteunende familie/vriende, die lewe, die vermoë om te kan praat en loop, om hare op jou kop te hê. Hoeveel mense is daar nie wat so graag sal wil hê wat jy het nie?



In tye van swaarkry is dit vir mense moeilik om al die dinge raak te sien waarvoor hulle dankbaar is. Skryf ten minste 10 dinge neer op papier en sit dit êrens waar jy dit elke dag kan sien, soos op 'n spieël of in jou Bybel.



Wanneer jy dit kan sien en dankbaar is vir wat jy nog het, sal jy besef dat dinge nie so erg is as wat dit kon gewees het nie. Maak dit jou doel om elke dag een nuwe item by te voeg op jou dankbaarheidslysie. Myne is dat jy vandag hier is.



Gebed

Vader, laat my u genade raaksien en maak my dankbaar vir wat ek het. U het duisende mense met vyf brode en twee visse gevoed. Ek dank U vir wat ek nou het, in Jesus se naam. Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid