Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 1 VAN 31

"Skok"



Woorde sal nooit kan beskryf hoe jy voel nie. "Wat het nou net gebeur? Hoe? Wanneer? HOEKOM?"



Wanneer jy vir die eerste keer die woorde "Ek wil skei" hoor of ekskeidingspapiere ontvang sonder dat jy dit die minste verwag het, kan geen woord dit beskryf nie. Emosies wat jy nog nooit ervaar het nie spoel oor jou. Jy kan geen woorde uitkry nie want... "WAT HET NOU NET GEBEUR?"



Op hierdie oomblik is jy gevul met emosies en miljoene gedagtes wat deur jou kop maal. Dit is nou die tyd wat jy tot stilstand sal moet kom en jouself bymekaarhou. Selfs al wil jy dalk iets onbesonne aanvang en later daarvoor vergifnis vra, moet dit nie doen nie!! Kom tot stilstand, val neer (op jou knieë), en rol (tot by die voet van die kruis)!!



Op hierdie oomblik sal geen raad jou help nie, totdat jy besef dat daar dinge aangaan wat jy nie kan beheer nie. Daar is dinge wat vanaf 'n hoër perspektief geanaliseer moet word.



Daar gaan 'n tyd kom wanneer die gevoelens van skok oorgaan tot ander gevoelens. Moenie toelaat dat negatiewe gevoelens jou aksies en reaksies bepaal nie.



Op hierdie oomblik is God die enigste Een wat verstaan hoe jy voel en waardeur jy gaan. Hy is die enigste Een wat jou vrede kan gee vir vandag en vir die toekoms.



Gebed

God, ek het geen idee wat aangaan nie, maar ek kies om U te vertrou. Ek het U nodig om vir my die pad aan te wys. Bring asseblief U ware woord na vore, in Jesus se naam. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid