Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 5 VAN 43

Lees: Markus 2:1–17 

SOAP: Markus 2:16–17

Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Oordenking 

Jesus was nie 'n gewone leermeester nie. Hy het nie sy tyd gebruik om ryk studente te werf wat godsdienstige leiers sou word nie. In plaas daarvan, het Jesus tyd deurgebring saam met vissermanne, belastinggaarders en selfs vroue ('n radikale en abnormale praktyk in Israel gedurende die eerste eeu). 

Jesus was nie gemoeid met sy reputasie nie. Hy het tyd deurgebring met diegene wat deur baie godsdienstige leiers as sondaars beskou is. Hy het saam met hulle geëet en hulle in hul huise besoek. Hierdie mense (soos ons) het die hoop benodig wat net Jesus kan bied. 

Jesus het tyd deurgebring met en omgegee vir alle mense. Ongeag van hulle verlede of hede, Hy het geweet dat hulle 'n Verlosser nodig het. Jesus het nie weggehardloop van diegene deur die godsdienstige leiers verwerp is nie en Hy het hulle ook nie vermy nie. Hy het hulle lewens betree en verlossing en hoop aan hulle gebring. Terwyl ons daarna streef om soos Jesus te wees, mag ons ook gewillig wees om te assosieer en vriende te maak met diegene wat niks in ruil vir ons kan doen nie. 

Gebed 

Here, help my om mense lief te hê, ongeag van hulle agtergrond of wat hulle vir my kan doen. Gee my medelye in plaas van oordeel en help my om die goeie nuus van u vergifnis met die mense om my te deel. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid