Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 4 VAN 43

Lees: Markus 1:21–45 

SOAP: Markus 1:35

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid. 

Oordenking

Wanneer ons vra: “Wie is Jesus?” antwoord ons dikwels deur sy volmaaktheid, reinheid, heiligheid, krag en ontferming te beskryf. Hy het gepreek, geleer, genees en elke dag met baie mense gepraat. Jesus het diep omgegee vir die mense om Hom. Jesus het ook geweet dat dit nodig was om, te midde van sy bediening aan ander, weg te gaan en tyd saam met sy Vader deur te bring. 

Jesus het herhaaldelik tyd geneem om weg van die skares en selfs van sy dissipels te gaan. Hy het doelbewus dít wat aan Hom meer erkenning of meer krag sou gee, gelos om alleen saam met God te wees. As Jesus hierdie tyd saam met God so desperaat nodig gehad het, moet ons verseker ons tyd saam met Hom ook bewaar en beskerm.

Soos ons die vraag: “Wie is Jesus?” beantwoord, bied Markus vir ons 'n kykie na die stiller oomblikke van Jesus se lewe. Ten spyte daarvan dat Hy so baie gehad het om te doen en so baie mense om sy bediening aan te bring, het Jesus tyd gemaak om weg te kom en te bid. Kom ons volg ons Here se voorbeeld. 

Gebed

Here, U is barmhartig en goedgunstig. U het so baie mense genees, gevoed en met so baie mense gepraat gedurende u tyd op aarde, en tog het U geweet hoe belangrik dit is om weg te gaan vir alleentyd saam met u Vader. Help my om U op hierdie manier na te volg. In u Naam, amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid