Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 6 VAN 43

Lees: Markus 2:18–28

SOAP: Markus 2:27–28

Jesus het verder vir hulle gesê: “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. Daarom is die Seun van die mens Here óók oor die sabbat.” 

Oordenking

Toe Jesus die sabbatswet oortree het, het die Fariseërs Hom ondervra. Hulle was bekommerd dat Jesus die wet oortree het en besig was om ander te lei om dieselfde te doen. Jesus het hulle herinner waarvoor die sabbat was: om 'n tyd van rus en viering vir God se mense te voorsien. 

Toe Jesus die Fariseërs uitgedaag het, het Hy die diepte van sy begrip van God se wet getoon (Hy het dit inderdaad geskryf). Hy het gewys hoe die wet, spesifiek die sabbat, geskep is om 'n seën vir sy volk te wees en nie 'n verpligting nie. 

Dit kan maklik wees om in wettiese praktyke te verval en te leef soos die Fariseërs geleef het. Wanneer ons reëls vir onsself skep wat nie van God af kom nie, dryf ons die spot met sy genade in ons lewens. In plaas daarvan kan ons God se bevele met ope arms aanneem vir die rede waarvoor hulle vir ons gegee is — om God te ken en sy gawes aan ons te geniet. 

Gebed 

Here, dit is so maklik vir my om in die wettiese vasgevang te raak. Help my om u genade te vertrou soos U my vryheid gee. Help my om U te volg en die genade en barmhartigheid te aanvaar wat U elke dag so goedgunstiglik aan my gee. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid