Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 7 VAN 43

Lees: Markus 3:1–19 

SOAP: Markus 3:13–15

Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom. Hy het toe twaalf manne, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe. 

Oordenking 

Soos Markus voortgaan om te openbaar wie Jesus is, maak hy een ding duidelik: Jesus het nie alleen bediening gedoen nie. Jesus het dissipels gekies om sy metgeselle en sy vennote in sy koninkrykswerk te wees. Hierdie twaalf dissipels was vir ongeveer drie jaar saam met Jesus, het na Hom geluister terwyl Hy ander onderrig het en het gesien hoe Hy wonderwerke gedoen het. 

Jesus het nie perfekte mense gekies om sy dissipels te wees nie. Hulle het baklei, was stadig om te leer, het baie min geloof gehad en een het Hom selfs verraai. Hulle was saam met Jesus in bediening, is krag gegee om te genees en wonderwerke te doen en het die goeie nuus van Jesus tot aan die einde van die aarde geneem. 

Jesus kon sy doel op aarde alleen bereik. Hy het hierdie twaalf manne gekies, nie omdat Hy hulle nodig gehad het nie, maar sodat hulle sy ongelooflike werk met die wêreld kon deel. 

Gebed 

Here, dankie vir die bediening van die dissipels. Dankie dat U vir my hulle foute en suksesse wys, sodat ek van beide kan leer. U kan magtige dinge doen deur enige een, selfs deur my. Bring asseblief ander mense in my lewe om aan my sy te wees terwyl ek daarna streef om u Naam tot aan die einde van die aarde te bring. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid