Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 33 VAN 43

Lees: Markus 13:1-23

SOAP: Markus 13:10-11

En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.  Wanneer hulle julle gryp om julle oor te lewer, moet julle julle nie vooruit bekommer oor wat julle sal sê nie, maar julle moet praat soos dit op daardie oomblik aan julle gegee sal word, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees.

Oordenking

Jesus het sy dissipels gewaarsku oor wat nog moes gebeur, die vervolging wat ter wille van die evangelie sou kom en ons ook sal verduur. Voordat hierdie dinge kan gebeur, moet die blye Boodskap eers aan alle nasies verkondig word. Die wederkoms sal eers aanbreek wanneer die evangelie tot aan die einde van die aarde versprei is.

Selfs nadat Jesus hulle vertel het dat vervolging sou kom, het sy navolgers steeds sy Naam verkondig. Dwarsdeur gevangenskap, lyfstraf en die dood, het die evangelie steeds versprei. Dit was nie weens afhanklikheid van menslike vermoëns nie, maar deur die werk van die Heilige Gees.

Die Christelike lewe is nie maklik nie (Joh. 16:33). Selfs in moeilike tye, vervolging, verlies van vryheid en marteling, is ons seker wie Jesus is. Ons ewige lewe is verseker as gevolg van Hom, ongeag wat hier op aarde gebeur. Hy is al wat ons nodig het, en sy boodskap is al die swaarkry werd.

Gebed

Liewe Heer, U het gesê dat ons swaarkry sal ervaar omdat ons in U glo. Skenk aan my standvastige geloof terwyl ek U volg, ongeag my omstandighede. Help my om swaarkry te verduur en getrou te bly. Aan U alle eer. Amen.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid