Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 32 VAN 43

Lees: Markus 12:28-44

SOAP: Markus 12:43-44

Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.” 

Oordenking

Markus het sy lesers dikwels gevra: "Waar is julle geloof?" Die Joodse godsdienstige leiers in Jerusalem, se geloof was in hulle werke en kennis van die wet. Een van die grootste voorbeelde van geloof in die boek Markus, was nie hierdie geleerdes of selfs die dissipels wat Jesus daagliks vergesel het nie. Dit was 'n arm weduwee wat alles wat sy gehad het, vir die Here gegee het.

Hierdie vrou het vir die Here alles gegee wat sy besit het. Dit was min in vergelyking met wat ander gegee het, maar dit was ál wat sy gehad het. Sy was meer besorg daaroor om aan die Here te gee as om haar eie behoeftes eerste te stel. Sy het God vertrou om vir haar te sorg en daarom kon sy getrou wees met dit wat God aan haar gegee het.

Is ons gewillig om ons geld, tyd en hulpbronne aan die Here op te offer soos hierdie weduwee? Wanneer ons geloof kwyn, dan taan ons vrygewigheid of ons verhouding met Jesus wankel. Slegs wanneer ons weet en glo wie Hy is en al ons vertroue in Hom plaas, kan ons lewens getuig van Hom wat in ons woon. Mag ons ook so gelowig wees soos die weduwee, ten spyte van ons omstandighede. 

Gebed

Almagtige Here, versterk asseblief my geloof om volkome te vertrou dat U vir my sal voorsien in alles wat ek nodig het. Laat my lewe ook getuig van getrouheid, soos hierdie weduwee s'n. Wys my waar ek meer kan gee en my geloof kan groei. Amen.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid