Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 38 VAN 43

Lees: Markus 14:22–52 

SOAP: Markus 14:36–38

Hy het gesê, “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.” Hy kom toe terug en kry die drie aan die slap en vra vir Petrus, “Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie? Julle moet waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”

Oordenking

Die angs wat Jesus in die tuin van Getsemane beleef het, gaan enigiets wat ons menslike ervaring kan begryp, te bowe. Hy was nie bang vir die fisieke lyding wat sou kom nie, maar vir die prys wat Hy sou betaal om die mensdom te verlos. Jesus was angsbevange oor die komende skeiding van God die Vader wat Hy tydelik sou ervaar.

Omdat Jesus die straf vir ons sondes op Hom geneem het, hoef ons nooit die ewige skeiding van God te ervaar as ons ons geloof in Hom stel nie. Jesus het die dood verduur sodat ons lewe kan hê. Ons is deur sy genade gered. Hy het verduur wat ons verdien. Genade is in oorvloed as gevolg van sy opoffering.

Deur geloof alleen kan ons God se gratis gawe van verlossing aanvaar. Hy bied dit aan ons sonder enige voorwaardes. Al wat ons moet doen, is om dit te aanvaar en ons geloof in Hom te plaas. Deur te glo dat sy opoffering en straf, voldoende betaling vir ons sondes was, word ons verseël as Syne. Deur genade, op grond van geloof in Christus alleen, word ons gered. Wie is Jesus? Hy is die Een wat bereid was om straf te verduur.

Gebed

Here Jesus, U alleen is goed. U het meer verduur was ek my kan indink toe U die straf vir my sonde op U geneem het. U het gekies om vir my sondes te sterf sodat ek die ewigheid by U kan deurbring. Ek loof U vir u opoffering. Ek is in verwondering oor u liefde vir my. Amen.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid