Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 31 VAN 43

Lees: Markus 12:1–27 

SOAP: Markus 12:10–11

“Julle het tog al in die Skrif gelees: Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is ’n wonder in ons oë’.”

Oordenking

Markus het weer die vraag: “Wie is Jesus?” aan sy lesers gestel. Hierdie keer het Jesus self die vraag beantwoord. Nadat Jesus ’n gelykenis vertel het, wat duidelik getoon het wat die Fariseërs en wetgeleerdes besig was om te doen, het hy Psalm 118 aangehaal.
Psalm 118, ’n lofpsalm vir die komende Messias, is dieselfde Psalm wat die volk uitgeroep het toe Jesus Jerusalem op ’n vul binnegery het. Hulle het net ’n paar dae tevore nog verkondig dat Hy die Messias was. Sy gelykenis vertel van ’n verwerpte seun, en dan bevestig hierdie Messiaanse Psalm wat hy aangehaal het, die Messias. Hoewel die uitverkorene wat God vir ’n groter doel sou gebruik, eers verwerp sou word.
Hoewel hy verwerp is, het Jesus die hoeksteen geword. Hy is ons fondament, ons versekering. Wat God deur Jesus se verwerping, dood en opstanding teweeg gebring het, is werklik wonderlik. Hy is die hoeksteen. Ons kan ons geloof in Hom stel.

Gebed 

Here, U is die Messias. U is die hoeksteen, die fondament van alle dinge. U weë is altyd goed en reg. Help my om vandag my geloof ten volle in U te plaas. Amen.
Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid