Leesplan inligting

’n Nuwe BeginVoorbeeld

’n Nuwe Begin

DAG 7 VAN 7

Die wonder van 'n nuwe begin 


Dink daaroor – Sara was 90 jaar oud toe sy swanger geraak het! Ons lees in die Bybel dat sy al lankal verby die ouderdom was waarop vrouens kinders kon hê, so sy was sekerlik verby haar menopouse. Die feit dat sy dus op hierdie ouderdom ’n baba kon hê, was beslis iets wat God in haar lewe gedoen het. Die vervulling van God se belofte aan Abraham en Sara was ’n wonderwerk! 


Maar dink net aan die volgende: Om selfs ten spyte van die wonderwerk op 90-jarige ouderdom swanger te wees en ’n baba te kry! ’n Mens se energievlakke is nie naastenby dieselfde op 90 as op byvoorbeeld 25 of 30 nie. 


God het ’n verandering belowe, ’n nuwe begin. En Hy het dekades later eers daardie nuwe begin geskenk. Hy het geweet hoe oud Abraham en Sara sou word. Hy het presies geweet wat Hy doen. Hy het sekerlik vir hulle die krag en energie gegee om die eise van ouerskap te hanteer. En dalk nie net dit nie, Hy het vir hulle die seën van ’n nuwe begin gegee. God doen dinge nie halfpad nie. As Hy ’n verandering in jou lewe bewerk, lei Hy jou daardeur.


Hierdie oordenkings is saamgestel uit ’N NUWE BEGIN deur Carolyn Larsen © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe Begin

Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid