Leesplan inligting

’n Nuwe BeginVoorbeeld

’n Nuwe Begin

DAG 3 VAN 7

Leer by die mense in jou lewe 


"Hoekom ek, God?” “Hoekom nou, God?” Het jy al ooit in die geheim hierdie vrae gevra? Jy weet God is lief vir jou. Jy glo dit. Jy vertrou Hom, maar partykeer is die veranderinge te pynlik en die nuwe begin te oorweldigend. Jy voel heeltemal alleen. Maar raai wat … jy kan maar erken dat dit soms vir jou moeilik is om aan te gaan. Dit beteken nie jy nie vir God vertrou nie. Trouens, dit is ’n teken dat jy steeds aan Hom vashou.


Dalk het Noag en sy familie ook daarvoor moeg geword om in die volgepropte ark vir tien en ’n half maande te bly. Dit was donker, stinkend en beknop. Dalk het hulle seesiek geword. Miskien het hulle moeg geword daarvoor om net sewe mense te hê om mee te gesels. 


Sewe van die passasiers in die ark moes maar net glo dat God met Noag gepraat het. Hulle het. Hulle het Noag se hart en karakter geken. Hulle het ook geweet dat hy baie ernstig daaroor was om gehoorsaam te wees aan God. Dit behoort vir ons ook ’n goeie les te wees. Omring jou met mense wat vir God ken en vir Hom lief is. Laat die mense in jou lewe toe om jou deur veranderinge en nuwe omstandighede te help. God het hulle met ’n doel in jou lewe geplaas. Skenk aandag daaraan.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe Begin

Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid