Leesplan inligting

’n Nuwe BeginVoorbeeld

’n Nuwe Begin

DAG 4 VAN 7

Soek altyd die goeie 


Kan verandering goeie dinge tot gevolg hê? Natuurlik kan dit. Dit is ongelukkig die waarheid dat die beste dinge baie keer slegs kom wanneer jy jou ingesteldheid verander. Jy moet vir die goeie dinge soek selfs terwyl jy die verandering aanvaar. 


Ons weet nie hoe Adam en Eva gevoel het toe hulle uit die Tuin van Eden verban is nie. Miskien was daar dae wanneer hulle skuldgevoel omdat hulle aan God ongehoorsaam was, hulle heeltemal oorweldig het. Het daar enigiets goeds uit hierdie verandering gekom? Ja … hulle was nog steeds deel van God se groot verhaal; trouens, die begin van die menslike deel van God se verhaal. Hulle kon werk, kos vind en oorleef. Hulle het ’n gesin gehad (wat sy eie goeie en slegte dinge ingehou het). Hulle het heel waarskynlik steeds ’n verhouding met God gehad, veral as hulle hulle sonde bely en vergifnis gevra het – Hy was immers lief vir hulle. 


Wat doen jy wanneer jou keuses pynlike gevolge het? Begin deur te erken wat jy gedoen het en wat jou deel in die situasie was, bely jou sonde voor God en enigiemand wat deur jou keuses geraak is en vra hulle om vergifnis (en bedoel dit). Wees gewillig om iets uit die gebeure te leer en soek die positiewe dinge wat nou in jou nuwe situasie is. Jou positiewe gesindheid, nederigheid en gewilligheid om te leer, is dalk net die sleutel om weer geluk te vind. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe Begin

Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid