Leesplan inligting

’n Nuwe BeginVoorbeeld

’n Nuwe Begin

DAG 6 VAN 7

Moeilike besluite 


Toe Naomi besluit het om terug te gaan Betlehem toe, het sy vir haar skoondogters gesê om terug te gaan na hulle eie families toe. Dit het sin gemaak. Naomi het geweet sy gaan sukkel om vir haarself te sorg, wat nog vir hulle ook sorg. Hulle was nog jonk en hulle families kon vir hulle ander huwelike reël. Hulle kon kinders kry en die lewe leef wat normaal was vir ’n vrou in daardie tye. Ja, dit het sin gemaak. Miskien was Orpa meer realisties oor haar omstandighede omdat sy na Naomi se raad geluister het, haar skoonma gegroet het en huis toe gegaan het.


Tog het Rut geweier om huis toe te gaan. Sy het gekies om haar familie en alles wat sy geken het agter te laat en saam met Naomi te gaan. Dit kon nie ’n maklike besluit gewees het nie. 


Partykeer is die besluite wat voor jou is, verwarrend. Dit is dalk moeilik vir jou om te weet watter besluit is die regte een, want – kom ons wees nou maar eerlik – soms is die regte besluit die moeilikste een. Dit kan dalk beteken dat jy jou geliefdes of ’n bekende plek moet verlaat, of dalk selfs dat jy van werk moet verander of ’n verhouding moet beëindig. Die regte keuse gaan wees om na die geheelbeeld te kyk en nie net na wat vandag gebeur nie. Rut het die regte besluit geneem en God se seën het haar lewe gevul.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe Begin

Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid