'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

"Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal, wees bly!" Watter vreemde raad, geskryf deur 'n man in die tronk!
Dit is die raad wat Paulus sterk aanbeveel vanuit sy eerste-eeuse Romeinse tronksel tot binne-in jou 21ste-eeuse hart: jou innerlike ingesteldheid hoef nie jou uiterlike omstandighede te weerspieël nie!
Paulus het dit twee keer gesê, so ek dink dat ek dit ook sal doen! "Jou innerlike ingesteldheid hoef nie jou uiterlike omstandighede te weerspieël nie!"
Dit is so maklik om moedeloos te raak oor onaangename omstandighede of om toe te gee aan die versoeking om onbelangrike gebeure te ernstig op te neem. Daar sal altyd omstandighede in die lewe wees wat jou ongelukkig, of onproduktief, of selfs emosioneel swak sal maak. Maar daar behoort nooit enige gebeurtenis in die lewe te wees wat sal veroorsaak dat jy ophou om jou te verbly nie! Daar behoort nooit 'n gebeurtenis te wees wat jou vreugde sal steel nie.
Dit is slegs moontlik wanneer jy jou "in die Here" verbly. Dit is nie onder mense moontlik nie, maar dit is inderdaad moontlik in die Here!
Jou vreugde is die resultaat van 'n vertikale siening, as jy reguit opwaarts kyk in die aangesig van God! As jy egter 'n horisontale perspektief op jou lewe het, sal jy sover as wat die oog kan sien, net staar na 'n bestaan soos 'n droë, dorre wildernis. Maar as jy kies om op te kyk in die Vader se gesig, sal jy aangegryp word deur sy liefde ... sy vrede ... en sy goedheid!
As jy vandag besluit om 'n vertikale lewe te leef in plaas van 'n horisontale bestaan, sal jy nie tyd hê om te kla nie, want jy sal gevul wees deur die vreugde van sy teenwoordigheid. Teleurstelling sal jou nie meer pla nie, want jy sal so verdiep wees in 'n leefstyl van aanbidding. Die woord "depressie" sal uit jou woordeboek uitgevee word en jy sal al dansende na jou eindbestemming gaan!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com