Leesplan inligting

Volg God se HartVoorbeeld

Go After God's Heart

DAG 2 VAN 12

Om God te Verstaan


Baie Bybelgeskiedkundiges glo dat Psalm 23 gedurende Dawid se puberteitsjare geskryf is, omtrent dieselfde tyd wat hy as die volgende koning van Israel gesalf is. Ons is geneig om hierdie beroemde Psalm te lees as 'n aanmaning van 'n deskundige om te rus of om God in moeilike tye te vertrou. Kom ons kyk vir 'n oomblik wat deur die gedagtes van 'n tiener gegaan het.


Aan die begin van die Psalm het Dawid God 'n herder genoem. Dit is nie die eerste posbeskrywing wat by enige Israeliet sou opkom om God mee te vlei nie. Dit is soos as ons sou sê: "Die Here is my veeboer ... " Tog weet ons dat Dawid self 'n goeie herder was. Hy was so goed om skape te versorg, dat God gedink het hy moet vir 'n hele volk sorg. Deur God 'n herder te noem, vereenselwig Dawid hom goedgunstiglik met sy hemelse Vader binne sy eie konteks. Hy is nie bekommerd oor 'n indrukwekkende toespraak tot God nie. Hy sê basies, "Vader, eerstens, verstaan U my ... en ek dink dat ek U ook verstaan." Dit wys vir ons 'n seun wat hom persoonlik met die Skepper van die heelal kan vereenselwig.


Dawid het voortgegaan om God te komplimenteer op 'n wyse wat toenemend warm, naby en persoonlik gevoel het. Lees dit in die verlede tyd, en Dawid se gedagtes herinner aan wat jy dalk by 'n geliefde se begrafnis sal hoor. Tog is dit die teenoorgestelde. Dawid het hierdie liefdevolle gesprek met 'n lewende God gehad. Daarom het God vir Dawid gekies om sy volk te lei! Lees Psalm 23 vandag anders. Lees dit in jou eie konteks, asof jy die leier is wat deur God gekies is, en jy direk met Hom praat. Want dit is so.


Wenk aan die Leier: Blywende invloed vloei uit innerlike krag wat slegs uit 'n lewende verhouding met God kan ontstaan.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Go After God's Heart

Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church on...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid