Leesplan inligting

Volg God se HartVoorbeeld

Go After God's Heart

DAG 7 VAN 12

Altyd


Wat as jy uitvind daar is 'n verhaal in die Bybel oor 'n man wat deur God gesalf is om koning te wees, met kwyl wat oor sy baard loop terwyl hy voorgee om kranksinnig te wees om sy eie lewe te spaar? Hier is nog 'n verhaal van Dawid. Nog 'n verhaal wat afgespeel het voor Dawid koning geword het. Gedurende dieselfde tyd het Dawid een van die hoogste lofprysinge deur 'n mens, oor God geskryf: Psalm 34:2 "Ek sal die Here altyd weer prys ... " Dawid het blykbaar regtig bedoel altyd!


Psalm 34:11 som Dawid se gedagtes oor die saak op: "Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie." Met ander woorde, gaan soek opwinding en jy sal honger bly; soek God en jy sal met Hom gevul wees.


Dawid het nie gepraat van die vervulling wat jou tevrede maak nie, maar die vervulling wat jou moedig maak. As 'n leier van 'n kleingroep kan jy dalk met Dawid se oomblik van kranksinnigheid identifiseer. Kan jy ook identifiseer met sy toewyding om God altyd te aanbid? Om betrokke te raak in mense se deurmekaar lewens is sekerlik 'n avontuur. As ons egter iets van Dawid uit Psalm 34 kan leer, is dit dat God meer as genoeg is vir diegene wat Hom soek. Dit is jý, onthou? Jy streef na sy hart.


Wenk vir die Leier: Leiers aanbid God te alle tye omdat God genoeg is.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Go After God's Heart

Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church on...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid