Leesplan inligting

Volg God se HartVoorbeeld

Go After God's Heart

DAG 12 VAN 12

Jy Sal Dit Vind




Uiteindelik het die jong herderseun, Dawid, wat laaste deur Samuel gekies is, na 'n paar dekades koning van die hele Israel geword. Die verhaal tussen-in is amper te verbasend, selfs vir ’n Hollywood-rolprent. Dawid het in sy reis om koning te word beide bergtoppe en valleie letterlik en figuurlik beleef. Die drama het nie daar opgehou nie. Die opvallendste is egter die doel van sy strewe. Dit is nie opgeteken dat Dawid 'n man was wat die troon nagejaag het nie. Hy word onthou as iemand wat die hart van God nagestreef het. Wat as jy vind wat jy nastreef? Hoe sal dit jou en jou kleingroep raak?




Nadat hy koning geword het, het Dawid voortdurend by God wysheid gesoek, en God het dit herhaaldelik voorsien. Tog sien ons in die psalms dat Dawid nie net met vrae na God gegaan het nie, maar ook met groot lofprysing, volslae respek en aanbidding. Dawid se lewe, foute en al, bied een van die beste voorbeelde van 'n hart wat met sy Skepper verenig is. Dit is goeie nuus: as ons tot God nader, sal Hy tot ons nader. Onthou, Dawid se nabyheid aan God het millennia voor Jesus se koms plaasgevind. Jesus se dood en opstanding het God se hart oneindig meer toeganklik gemaak. Laat ons nie die geleentheid verspil nie. Kom ons streef na God se hart en lei mense om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word.




Wenk aan die Leier: Leiers wat God se hart nastreef — sal dit vind.


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Go After God's Heart

Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church on...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid