Leesplan inligting

Volg God se HartVoorbeeld

Go After God's Heart

DAG 8 VAN 12

Gee vir God Klei




Om geen plan te hê nie, maak jou nie meer geestelik of 'n beter leier nie. Dit kan eintlik die teenoorgestelde bereik. Sommige mense dink planne verwyder God uit die prentjie en weerhou Hom daarvan om die uiteindelike leiding te neem. Wat as planne jou eintlik kan voorberei op beter aanwysings van God en meer ruimte vir Hom skep om jou te lei? As jy byvoorbeeld vir die volgende byeenkoms van jou kleingroepie geen onderwerp vir bespreking het nie, wat het jy dan vir God om te vorm? Jy het waarskynlik ten minste 'n week om God te nooi om 'n wonderlike plan te vorm. Hoekom gebruik jy dit nie?



In 1 Samuel 23 kry ons 'n blik op Dawid se unieke besluitnemingsverhouding met God. Dawid het ten minste vier keer in die hoofstuk God se insig opgesoek vir die besluite wat hy moes neem om homself en sy meer as 600 manne aan die lewe te hou. Let egter op, toe hy gebid het, het hy na God gekom met 'n plan en God gevra om hom rigting te gee. Wanneer hy leiding van God gekry het, het hy dadelik opgetree. Die gebed van 'n kleingroepie se leier wat God se hart nastreef, kan as volg klink: "Vader, moet ek in hierdie spesifieke verhouding belê om hierdie persoon as 'n leier op te lei?" God kan dalk ja sê, of Hy kan jou heeltemal in 'n ander rigting lei. Die punt is, jy gee vir God klei om te vorm en te fatsoeneer.



Dawid se vier gesprekke met God was om verskeie redes goed. Dit het Dawid aan die lewe gehou. Dit het 600 ander mans gelei om aan die lewe te bly, God se wil te doen en eer aan Hom te bring. Ten laaste het dit Dawid nader aan God se hart gebring. God wil met jou saamwerk — daarom het Hy jou geroep. Nader jy met jou planne tot God? Hoe sal meer intieme gesprekke met God die mense beïnvloed wat jy lei?



Wenk vir die Leier: Leiers bring hul vrae en planne in gereelde gesprekke na God toe.



Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Go After God's Heart

Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church on...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid