Arme Ek! Voorbeeld

Poor Me!

DAG 5 VAN 5

Sê Dankie

In 1 Tessalonisense 5:18, 19 lees ons om nie "... die werking van die Heilige Gees teen [te] staan nie," maar "... in alle omstandighede dankbaar [te wees] ..." 

Ek en jy weet alte goed hoe moeilik dit is om dankbaar te wees wanneer ons ons in selfbejammering verlustig. Een ding is seker — ’n selfbehepte gesindheid is nie op dankbaarheid gefokus nie. 

Wanneer ek slegs aan myself en my “arme ek”-omstandighede dink, sou jy kon sê ek het ’n eenrigtingkaartjie op die trein van selfbejammering wat op dolle vaart wegjaag! 

Wel, ek was eendag op daardie trein ná iemand my gevoelens seergemaak het. Ek was toevallig besig om 2 Korintiërs 4 te lees. In verse 17 en 18 sien ek toe: "Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."

Presies op daardie oomblik het dit gevoel of die Here in my hart sê: “As jy wil hê hierdie 'swaarkry' moet min en van korte duur wees, moet jy nie fokus op wat jy sien of voel nie — fokus op my waarhede!”  Onmiddellik het ek verstaan wat Hy sê. Om myself jammer te kry het my gekeer om die persoon wat my seergemaak het te vergewe; en het die fokus op myself en my pyn gehou. As ek wou vryraak, moes ek op iets anders begin fokus — op God se goedheid! 

Ek het besef dat alhoewel ek dalk seergekry het, was daar chaos wat ek moes opruim, ’n stryd om te oorkom, ’n verhaal om te vertel, maar ek wou nie daar bly nie. Ek wou ’n oorwinnaar wees en saam met die Here vorentoe in my lewe beweeg. Dit het my gehelp om stil te word, daaroor te besin en te besluit om dadelik van die selfbejammeringstrein af te klim. 

Jy kan dieselfde doen deur te vergewe, jou aandag weer in fokus te bring, en dankie te sê vir al God se seëninge! 

Het hierdie leesplan jou gehelp? Dit is ’n uittreksel uit Hoofstuk 8 van my boek “I Forgive You, But…” Jy kan die eerste deel hier lees. 

Aangaande hierdie leesplan

Poor Me!

Het jy vandag teëspoed? Is jy deur iemand seergemaak, het jy siek geword, aan ’n gebrek gely of verpletterende terugslae ervaar? Dit is maklik om jouself in sulke tye jammer te kry. God het egter ’n uitkomkans vir jou! Dit is tyd om op te hou met jou selfbejammering, op te staan, God se beloftes vas te gryp en om ’n oorwinnaar te word!

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org