Arme Ek! Voorbeeld

Poor Me!

DAG 2 VAN 5

 Herken Dit

Hoe styg ons bo selfbejammering uit en verdiep ons geloof as aaklige omstandighede in ons pad staan? Die eerste tree om te neem, is om dit te herken  

Selfbejammering kan onverhoeds gebeur. Dit kom in my gedagtes op (en bly daar!), nog voor ek weet ek is besig om myself jammer te kry. Herken jy enige van hierdie gedagtes van selfbejammering?

· Niemand gee om of verstaan nie.

· Dit werk nie. (of: Hoekom werk dit altyd vir hulle, maar nie vir my nie?)

· Hoekom help niemand my nie? 

· Hoekom vereis God meer van my as van ander mense?

· Dis só moeilik! (of: Niemand se lewe is so moeilik soos myne nie.)

· Ek doen dinge vir ander, maar niemand doen ooit iets vir my nie.

· Dit sal beter wees as ek doodgaan.

· Ek kan niks reg doen nie. 

· Ek het alles gedoen waaraan ek kon dink, maar dit het nie gewerk nie.

· Ek haat my lewe! Alles is verkeerd; niks is reg nie. 

· Ek is só moeg. 

· Ek kan dit nie meer hanteer nie. 

Nogal moeilik om na te kyk, nie waar nie? Nogtans, almal het al sulke gedagtes gehad. Welkom by die mensdom. Dié wat dit egter in die lewe oorwin, broei nie verder daaroor nie. Ek kan daardie gedagtes nie oorwin nie, tensy ek hulle eers herken vir wat hulle is. As ek toelaat dat hulle in my denke posvat, sal hulle die oorhand kry. 

Gelukkig sê God dat ek wapens het om dit te oorwin: “... Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” (2 Korintiërs 10:4b, 5). 

Aangaande hierdie leesplan

Poor Me!

Het jy vandag teëspoed? Is jy deur iemand seergemaak, het jy siek geword, aan ’n gebrek gely of verpletterende terugslae ervaar? Dit is maklik om jouself in sulke tye jammer te kry. God het egter ’n uitkomkans vir jou! Dit is tyd om op te hou met jou selfbejammering, op te staan, God se beloftes vas te gryp en om ’n oorwinnaar te word!

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org