Leesplan inligting

Sewe Wette van LiefdeVoorbeeld

7 Laws Of Love

DAG 1 VAN 7

Liefde vereis toewyding



Liefde vereis toewyding en toewyding vereis dat jy afsien van jou ontsnappingstrategieë.



Een van my gunsteling voorbeelde van die verwydering van enige ontsnappingstrategieë, kom van die profeet Elisa. Die Ou Testamentiese boek, 1 Konings, vertel Elisa se buitengewone verhaal. God het Elisa geroep tot ‘n lewe van bediening, maar Elisa het die wysheid gehad om te verstaan dat die aanvaarding van sy roeping sou beteken dat hy sy huidige beroep moes laat vaar. Hy moes ‘n keuse maak tussen sy liefde vir God en sy behoefte aan die bekende dinge en die finansiële sekuriteit van sy tuiste.



Elisa was ‘n boer uit ‘n familie van boere. Sy vee en boerderytoerusting het sy familie se bedryf verteenwoordig, en ook sy erfenis en inkomste. Elisa wou nie die versoeking van ‘n gemaklike ontsnappingsroete in sy gedagtes hê op die dae wanneer sy nuwe lewe in die bediening moeilik raak nie. Elisa wou homself ten volle tot God se beskikking stel.



Om terselfdertyd sy nuwe roeping te vier en sy toewyding aan God in die openbaar te vertoon, het Elisa vir homself ‘n baie unieke afskeidspartytjie gehou. Hy het al sy vee geslag en die vleis gaargemaak deur al sy boerderytoerusting te verbrand. Hy het letterlik en figuurlik sy ontsnappingsroete verbrand.



Terwyl hy daardie aand sy nuwe avontuur met vriende en familie gevier het, het almal geweet hy sal nooit weer huis toe kom nie, omdat hy seker gemaak het dat hy niks oorhet om na terug te keer nie. Hy het die versoeking verwyder. Hy het sy ontsnappingstrategie vernietig. Sy liefde vir God het hom hierdie dramatiese toewydingsgebaar laat maak.



God het Elisa se toewyding geëer. Elisa het een van die mees betekenisvolle geestelike leiers in Israel se geskiedenis geword. Sy liefde, geloof en toewyding aan God, inspireer vandag nog mense regoor die wêreld.



Liefde floreer wanneer dit in toewyding geanker is. Maak seker jou geliefdes weet dat jou liefde nie net ‘n verbygaande gevoel is nie; dit is ‘n belofte van julle gedeelde toekoms. Koester ‘n dieper sin van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor jou geliefdes. Deur dit te doen skep jy vrugbare grond waar ewigdurende liefde kan wortel skiet.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Laws Of Love

Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorga...

More

Baie dankie aan Pastoor Dave Willis en Thomas Nelson wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2jyBPHD

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid