Leesplan inligting

Geloof, Hoop & LiefdeVoorbeeld

Faith, Hope, & Love

DAG 4 VAN 4

Wat is Liefde?



Soos ons op Dag 1 van hierdie leesplan gesien het, definieer ons liefde as 'n diepe toegeneentheid vir iemand anders of 'n voorwerp. 



Almal is lief vir Mev. Smit. 

Dra my liefde aan hulle oor.

Rugby was sy eerste liefde.
 



Daar bestaan verskeie definisies wat ons aan die woord liefde kan toeken en die meeste sal toepaslik wees. Wanneer ons egter die woord liefde uit God se oogpunt ontleed, kry ons 'n hele ander prentjie van wat liefde waarlik is. Liefde is die fondament van ons geloof in Jesus, want God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het om die straf vir ons sondes op Hom te neem. 



Dit is baie moeilik om God se vrygewigheid te begryp om sy Seun vir ons te gee, maar die Bybel vertel van sy liefde op 'n kragtige wyse. "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het" (1 Johannes 4:19). Jesus gee ons 'n nuwe gebod: "... julle moet mekaar liefhê", want dan "sal almal weet dat julle dissipels van My is" (Johannes 13:34-35). Die apostel Paulus vertel ons: "Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie" (1 Korintiërs 13:4). Hy vertel ons ook die liefde "... is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind" (Kolossense 3:14).



Hoe leef ons dit uit? 

Die roeping om mekaar lief te hê kom direk van Jesus af en liefde word ten beste deur ons verhoudings gedemonstreer. Dit is nie die soort liefde om te "doen wat in die oomblik reg voel" nie. Liefde is optrede. Dis soms ongemaklik om ander werklik lief te hê, want dit druis in teen ons selfsugtige menslike aard. Die liefde streef daarna om brûe te bou, dit kies om ander te eer en toon respek teenoor ander ongeag hulle verskillende menings. Ons verteenwoordig Jesus op die mooiste denkbare wyse wanneer ons mense liefhet, want dis deur sulke onselfsugtige dade wat die wêreld 'n Verlosser sal sien wat die moeite werd is om te volg. 



Wat doen ek as my liefde min raak?

Partykeer voel dit goed om ander opreg lief te hê, maar ander kere kies ons om voor te gee dat ons liefhet, al voel ons dit nie. Partykeer wil ons mense seermaak met ons woorde of dade, want ons liefde raak min. Tog sal dit beter resultate lewer as ons eerder van 'n toksiese omstandigheid af terugtree. Uiteindelik, wanneer dit voel of ons liefde uitgeput is, moet ons onsself herinner wat God vir ons gedoen het en met 'n dankbare hart wandel. Deur te kies om lief te hê, sal ons liefde laat toeneem en ons so lei om ander opreg lief te hê. 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Faith, Hope, & Love

Die Apostel Paulus het geskryf van alle dinge, bly geloof, hoop en liefde bestaan. Wat presies beteken dit vir ons as volgelinge van Jesus en hoe kan ons dit uitleef? In hierdie 4-dag leesplan gaan ons meer leer oor hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid