Leesplan inligting

Geloof, Hoop & LiefdeVoorbeeld

Faith, Hope, & Love

DAG 1 VAN 4

Hierdie Drie Bly



In 1 Korintiërs 13, die hoofstuk wat oor die algemeen verwys word as die hoofstuk oor liefde, raak die apostel Paulus die kern van die saak aan. Dis waarskynlik dat selfs diegene wat nie volgelinge van Jesus is nie ook hierdie gedeelte ken. Hy verduidelik die woord liefde in die fynste besonderhede en verwys ook na geestelike gawes, soos die gebruik van ongewone tale en klanke en sluit die hoofstuk af in 1 Korintiërs 13:13 met die woorde: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie ...” 



Alvorens ons dieper in hierdie leesplan delf, laat ons eers hierdie woorde definieer. 



Geloof: die vertroue in iemand of iets; oortuiging wat nie bewys nodig het nie

Hoop: die verwagting dat iets sal gebeur of waar word

Liefde: 'n diepe toegeneentheid tot iemand anders of 'n voorwerp



Noudat jy dit gelees het, vind hierdie terme waarskynlik aanklank by jou. As volgelinge van Jesus kan ons egter dieper betekenis in hierdie woorde kry, meer as wat deur mense in 'n woordeboek gedefinieer word. Ons delf dieper om sodoende die ware betekenis in die Woord van God te vind, sodat ons dit in ons lewens kan weerspieël. 



In 1 Tessalonisense 1:3, leer ons die verbysterende waarheid oor geloof, hoop en liefde. Paulus skryf aan gelowiges in Tessalonisense die volgende: "bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus." Dit was hulle geloof wat hulle gemotiveer het, hulle liefde wat hulle gedryf het om ander te dien en hulle hoop wat hulle laat volhard het. Geloof, hoop en liefde gee aanleiding tot werk, inspanning en volharding. Wat ons nie kan sien nie, produseer dikwels wat ons wel kan sien. 



Daar sal tye in ons lewens kom wat ons geloof, hoop en liefde begin afneem, en omdat ons dit nie meer voel nie, verhoed dit ons om tot die daad oor te gaan. Om seker te maak dat ons in geloof wandel, in liefde optree en in hoop volhard, sal ons elke woord moet ontleed. Kom ons probeer verstaan wat die woorde geloof, hoop en liefde elkeen beteken en hoe ons hierdie eienskappe in ons lewens kan — en moet — toepas.



Om te weet wat geloof, hoop en liefde is, is iets heel anders as om dit toe te pas. Ons moet die kennis wat ons het begin uitleef. Namate ons hierdie waarhede leer en uitleef sal ons verbeter en vernuwe tot die mens wat God ons roep om te wees. So sal ons stukkie van die wêreld ook begin verander.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Faith, Hope, & Love

Die Apostel Paulus het geskryf van alle dinge, bly geloof, hoop en liefde bestaan. Wat presies beteken dit vir ons as volgelinge van Jesus en hoe kan ons dit uitleef? In hierdie 4-dag leesplan gaan ons meer leer oor hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid