Leesplan inligting

Geloof, Hoop & LiefdeVoorbeeld

Faith, Hope, & Love

DAG 2 VAN 4

Wat is Geloof?



Soos ons op Dag 1 gesien het, is geloof om iets of iemand te vertrou of oortuiging wat nie bewys nodig het nie



Sy het in goeder trou opgetree.

Hy het vas geglo dat sy vrou sou oorleef.

Alles wat ons gesê het, het hulle in geloof aanvaar.



As volgelinge van Jesus is daar 'n verskil tussen die wêreldse geloof en die geloof waarna ons hier verwys. Die beste plek om van geloof te leer, is in die Bybel. 



Dit het byvoorbeeld vir Dawid, die jong herder, geweldige geloof in God vereis om die 2,7 meter lange Filistynse reus te oorwin (1 Samuel 17). Ons is inderdaad uit genade gered, deur geloof (Efesiërs 2:8). Deur seker te wees van die dinge wat ons hoop en oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie, sal deur God beloon word (Hebreërs 11:1). 



Ons glo almal in iets, die vraag is: “In wat?” Plaas jy jou geloof in jou lewensmaat; op jou werkgewer om te voorsien; en op jouself en jou vermoëns? Ons moet ons geloof plaas in God wat ons liefhet, want al ons aardse opsies kan ons in die steek laat. 



Die rede hoekom geloof van die uiterste belang vir volgelinge van Jesus is, is omdat dit ons help om waarlik van God en sy liefdevolle hart teenoor ons te leer. Hoe meer ons van Hom leer en sy karakter ervaar, hoe meer sal ons sy leiding vertrou. Daar sal dae wees wanneer goed gebeur wat ons verstand te bowe gaan en wat die pyn van 'n situasie oorweldigend is. Dit is in daardie tye wat ons begrip van wie God is en hoeveel Hy ons liefhet, ons help om rustig te wees en ons geloof in Hom te plaas. 



Hoe lewe ons dit uit?

Begin net. Ons lewe in geloof: elke keer wat ons kies om God te vertrou ongeag ons vrese; wanneer ons ons geestelike gawes gebruik om ander te help; en wanneer ons ander so liefhet deur hulle na ons liefdevolle Redder te lei, om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Mettertyd sal ons sien hoe ons geloof groei. 



Net soos ons liggame fisiek groei, groei ons ook geestelik. Dit is 'n lewenslange strewe na Jesus en om Hom te leer vertrou. God ken ons harte en verstaan dat vir ons om in geloof te lewe, dikwels met vrees en angs gepaardgaan. Dit is waarom die skrywer van Hebreërs gesê het dat God geloof beloon. 



Wat doen ek wanneer my geloof min is?

Jy doen wat jy weet jou geloof weer sal opbou. Ons vul ons denke met die dinge wat ons bemoedig en neem 'n bewuste besluit om te sê: “Vader, ek weet nie wat die uiteinde gaan wees nie, maar ek vertrou op U.” Dan beweeg jy vorentoe,  tree vir tree, al is dit 'n wankelende treetjie. Voor jy jou oë uitvee is jou geloof weer opgebou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Faith, Hope, & Love

Die Apostel Paulus het geskryf van alle dinge, bly geloof, hoop en liefde bestaan. Wat presies beteken dit vir ons as volgelinge van Jesus en hoe kan ons dit uitleef? In hierdie 4-dag leesplan gaan ons meer leer oor hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid