Leesplan inligting

Vier jou vrou-weesVoorbeeld

Vier jou vrou-wees

DAG 6 VAN 7

Elkeen vir haarself?


Daar is baie spreekwoorde wat onafhanklikheid beklemtoon, byvoorbeeld: “Africa is a tough country” of: “The survival of the fittest”. Al dié sêgoed neig in ’n rigting om mense goed te laat verstaan dat dit in die lewe elkeen vir homself is. Jy sorg vir jouself en jy doen dit voluit. Die hele persepsie en lewenswyse wat aan die orde van die dag is, word verder versterk deur bure wat mekaar glad nie meer ken nie en hoë sekuriteitsheinings. Die boodskap is baie duidelik: Dis elkeen vir homself. 


Dis ’n baie groot fout! God het nooit onafhanklikheid vir die mens in gedagte gehad nie. Hy is ’n God wat die mens gemaak het om in sinvolle en liefdevolle verhoudings met mekaar te staan; dus vir inter-afhanklikheid. God is ’n God van en vir verhoudings. In 1 Korintiërs word ’n hele lang gedeelte in die Bybel geskryf oor die liggaam van Christus. Ja, kinders van die Here is veronderstel om inter-afhanklik soos ’n liggaam te funksioneer. Sommige van ons is die oog, ander weer die oor, sommige ’n vinger of ’n hand, ander weer ’n knie – die punt is, ons het mekaar baie nodig. Jy is nie veronderstel om onafhanklik en alleen, asof op ’n eiland, te funksioneer nie. Alleen gaan jy dit doodgewoon nie maak nie. Alleenlopers was nog nooit God se idee vir die mens nie. 1 Korintiërs 12:14 sê dit reguit: “Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie.” Vir dié doel gee God gawes aan sy kinders met die doel om mekaar te dien. Geen mens beskik oor al die gawes om alleen die rol van ’n liggaam te kan vervul nie. Geen mens is ’n hele liggaam nie. Ons het mekaar baie nodig. 


Jy kan dus met die grootste vrymoedigheid gebruik maak van ander mense se hulp, raad, gawes en talente. Dis hoe God bedoel het dit moet wees. Met jou wonderlike gawes en talente kan jy weer vir baie ander mense iets doen en beteken. Dalk moet jy net jou trots sluk en ’n slag erken dat jy nie so onafhanklik is as wat jy gedink het nie. Nee, ook jy het ander mense in jou lewe nodig.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vier jou vrou-wees

Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid