Leesplan inligting

Vier jou vrou-weesVoorbeeld

Vier jou vrou-wees

DAG 3 VAN 7

Perfeksionisme


Dalk is jy een van daardie mense wat vir jouself (en dalk ook vir ander), gedurig die doelpale skuif. Jy kan net nooit raakskop nie, want die doelpale skuif die hele tyd. Jy is altyd onvergenoegd. Jy kan en moet net beter doen. Dalk dra jy die gees van perfeksionisme ook oor na ander mense en daarom ly jou verhoudingslewe groot skade. Jy vergeet dalk om so nou en dan net stil te sit en die lewe te geniet. Nee, perfeksionisme maak dat jy altyd jaag, altyd meer moet hê, altyd meer moet doen.


Perfeksionisme is ’n wenresep vir hoë spanningsvlakke. Dis ’n wenresep vir ’n gestresde lewe, vir ontevredenheid en ongelukkigheid. Dis ’n wenresep om jou al hoe meer aan die samelewing te onttrek, want in jou oë is jy nooit goed genoeg nie. Jy is die hele tyd krities oor jouself en baie geneig daartoe om ander mense te kritiseer en die hele tyd te beoordeel.


Dalk is dit net nodig dat jy vir ’n slag doodstil sit en diep dink. God het jou lief. Hy het jou uniek en spesiaal gemaak. Jy is versigtig, deeglik en in detail deur Hom aanmekaargeweef. Hy is die Almagtige wat in beheer van elke situasie is. Lees vir ’n slag weer 1 Johannes 4:10: “Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”


Haal diep en stadig asem, dink vir ’n slag nugter en rustig: Wie probeer jy beïndruk? Waarna jaag jy en waarvoor? God het jou lief, oneindig lief. Jy hoef nie te presteer om deur Hom aanvaar te word nie. God het sy liefde vir jou tasbaar kom wys deur Jesus aan die kruis in jou plek te laat sterf. Jesus maak jou aanvaarbaar. Maak ’n doelbewuste keuse om tot stilstand te kom. Dink weer oor jou lewe en jou lewenstempo. Dink weer oor jou drang tot hoër, vinniger, groter en beter. Raak rustig in die Here se tevredenheid met jou.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vier jou vrou-wees

Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid