Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in JouVoorbeeld

Die “Raad” waarna in Handelinge en die evangelies verwys word, is die Sanhedrin. Die hoëpriester was die voorsittende beampte en die res, 71 manne, was saamgestel uit Fariseërs en Sadduseërs. Dit was voor hierdie “hof”, wat onder die gesag van Rome oor die Jode geregeer het, wat Stefanus moes verskyn.
Lees nou Handelinge 7:1-19
Hou in gedagte waarvan die Raad Stefanus beskuldig het. Om ernstig oor hierdie beskuldiging te dink terwyl jy lees, sal jou help om te begryp waarom Stefanus sê wat hy sê.
Alhoewel jy in vandag se opdrag op Stefanus se toespraak moet konsentreer, moet jy ook sensitief wees vir wat jy omtrent die kinders van Israel, die aartsvaders en Josef leer. Hierdie weergawe bied ’n wonderlike oorsig oor die geskiedenis van Israel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy wat dit beteken om "te wandel in die Gees"? Nou kan jy eerstehands uitvind wie die Heilige Gees is, aan wie Hy as gawe gegee word en hoe Hy sy verstommende funksie vervul. Die boek Handelinge is 'n goudmyn van onmeetbare waarhede. Ontdek self die dinamiese werking van God se Gees in die lewens van die eerste gelowiges.
More
Ons bedank Precept South Africa vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://precept.org.za |
Verwante Leesplanne

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

Gebede wat God altyd verhoor

Vrygespreek

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

Verander jou kop, verander jou lewe

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Die Regte God

Lig - Aangetrek Tot Die Lewe Deur Die Wonderbaarlike Lig Van God

Ware Spiritualiteit
