Leesplan inligting

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in JouVoorbeeld

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in Jou

DAG 1 VAN 7

Hoe leef jy, my vriend? Is die Christelike lewe vir jou ’n worstelstryd? Voel jy verslae, kragteloos en om daardie rede swak en hulpeloos? As jou lewe onproduktief voorkom ten spyte van allerhande “Christelike” aktiwiteite, is jy waarskynlik nie bewus van wat dit beteken om “deur die Gees” te wandel nie. Of miskien is jy soos ek en baie ander, wat vir die grootste gedeelte van hul lewens in die kerk gesit het. Jy het wel ’n godsdiens, maar geen verhouding met die lewende God nie.


Die volgende leesplan is aangepas uit die eerste week van ons Nuwe Induktiewe Studiereeks: Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel In Jou. Op dag sewe is daar vrae wat dit moontlik maak om hierdie leesplan as 'n persoonlike- of groepstudie te gebruik.


Lees Handelinge 6 en let op na enige van die volgende sleutelwoorde in die teks: Heilige Gees/Gees, die Woord (van God), glo/geloof.


(Jy kan van die Nota-funksie in die Bybeltoep gebruik maak, deur om op ‘n teksvers te klik, of jy kan al jou aantekeninge in ‘n notaboek maak.)


Wanneer jy klaar is, gee spesiale aandag aan die twee gebeurtenisse wat in hierdie hoofstuk behandel word. Hoe hou die twee verband met mekaar? Maak ‘n nuwe nota en skryf jou waarnemings neer.


Toepassing: 


Begin hierdie week om God, die Heilige Gees, te vra om die Woord aan jou te openbaar deur jou weeklange studie. Hy is tog ons inwonende leraar. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in Jou

Weet jy wat dit beteken om "te wandel in die Gees"? Nou kan jy eerstehands uitvind wie die Heilige Gees is, aan wie Hy as gawe gegee word en hoe Hy sy verstommende funksie vervul. Die boek Handelinge is 'n goudmyn van on...

More

Ons bedank Precept South Africa vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://precept.org.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid