Leesplan inligting

Die Rol van die Kerk in Kulturele BotsingsVoorbeeld

The Role of the Church in Cultural Clashes

DAG 4 VAN 7

'n Ander Voorbeeld



Daar is Suid-Afrikaanse ambassades regoor die wêreld. Al is die ambassade in 'n ander land, geld die reëls van Suid-Afrika binne die omheining van die ambassade. Dis soos 'n veilige vesting. God het die kerk ook bestem om soos 'n veilige plek te funksioneer. Dit moet soos 'n bietjie van die hemel hier op aarde wees.



Kom ek stel dit so: dit moet as 'n voorskou dien van waaroor die koninkryk van God gaan. Net soos rolprente 'n lokfilm het, wat gedeelte uit die rolprent wys, behoort die kerk mense te lok om 'n ander soort lewe te ly as hulle 'n voorskou van die koninkryk van God te siene kry. As die wêreld oorlog maak, behoort daar vrede in die kerk te wees. Daar is armoede in die wêreld, maar die kerk behoort mededeelsaam en vrygewig te wees. Daar is rassisme in die samelewing, maar daar behoort vryheid, geregtigheid en eenheid in die kerk te wees. Wanneer mense die kerk sien, behoort hulle dus te sien dat daar 'n ander voorbeeld is hoe om te lewe. 



Soms raak ons baie pessimisties as ons oor die kerk gesels. Ons kritiseer en praat oor elke dingetjie wat ons dink verkeerd is. Dis een ding om die kerk eerlik te evalueer, maar dis 'n heeltemal ander prentjie as ons net die foute uitwys. Ons moet versigtig wees hoe ons oor die kerk praat en dit benader. Jesus het die kerk lief, het vir die kerk gesterf en kom weer terug vir die kerk. Laat ons eerder vurig vir die kerk bid as om dit gedurig te kritiseer.



Hoe kan die kerk 'n ander voorbeeld van lewe aan die wêreld voorhou?




Ons vertrou dat hierdie leesplan jou bemoedig het. As jy meer te wete wil kom, klikhier. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Role of the Church in Cultural Clashes

Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar is ongeveer oor die 300,000 kerke. Dit beteken, week na week, is daar 300,000 preke, aanbiddi...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid