Leesplan inligting

Die Rol van die Kerk in Kulturele BotsingsVoorbeeld

The Role of the Church in Cultural Clashes

DAG 3 VAN 7

Ware Effek  



Kegelbal het deesdae gesofistikeerd geraak. Jy kan 'n netjiese broek, skoene, 'n hemp en handskoene koop; en 'n kegelbal kan spesiaal vir jou gemaak word. Jy kan die kegelbal onder jou ken hou en oor die baan staar. Dan kan jy drie treë gee, die bal agtertoe trek, jou gewrig draai, jou een been agtertoe stoot en die bal oor die baan laat rol. As kegelbalspeler kan jy baie mooi lyk. As jou kegelbal egter in die sloot beland, is jy niks meer as 'n mooi mislukking nie. Dit maak nie saak hoe goed jy lyk nie, as jy nie die kegels raakgooi nie, is jy 'n kegelbalspeler wat misluk het. Sukses word net bepaal deur hoeveel kegels jy kan raakgooi. Dit word gemeet aan die effek van jou gooi.



'n Kerk kan aan sy gebou, eiendom of aktiwiteite geken word. Dit kan baie mooi van buite lyk. As 'n kerk egter nie God se koninkryk uitbrei, die evangelie verkondig, dissipels maak en in die behoeftes van die gemeenskap voorsien nie, is dit niks meer as 'n mooi mislukking nie. Die enigste maatstaf waaraan 'n kerk gemeet kan word, is deur die effek wat dit het. 



Indien die kerk ooit 'n effek op die samelewing gaan hê, moet ons besef dat ons deel uitmaak van 'n gevestigde koninkryk waar God die reëls maak. Een van sy reëls vir die kerk is dat ons oor rasse-, ekonomiese-, kulturele- en politieke grense heen verenig moet wees. Dis net as die kerk die verskille koester, dat dit die veilige vesting kan wees wat God wil hê. Slegs dan sal die kerk op die wêreld van verlore mense 'n effek vir die koninkryk van God kan hê.



Op watter praktiese maniere kan 'n kerk die gemeenskap beïnvloed?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Role of the Church in Cultural Clashes

Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar is ongeveer oor die 300,000 kerke. Dit beteken, week na week, is daar 300,000 preke, aanbiddi...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid