Leesplan inligting

Die Rol van die Kerk in Kulturele BotsingsVoorbeeld

The Role of the Church in Cultural Clashes

DAG 2 VAN 7

Ware Doel  



Wanneer 'n voetbalwedstryd begin, is daar eintlik drie spanne op die veld. Daar is twee opponerende spanne wat veg om te wen, en daar is 'n span beamptes. Die span beamptes lewer verslag aan 'n hoër gesag — die NFL hoofkantoor. Hulle kies nie kante nie, omdat hulle 'n ander koninkryk verteenwoordig. Hulle oefen gesag uit deur die NFL se reëlboek te gebruik. Hulle neem besluite sonder huiwering, want hulle gee nie om wie van hulle hou, wie vir hulle hande klap, of wie hulle uitjou nie. Hulle is nie daar om 'n kompetisie vir gewildheid te wen nie. Hulle is daar om orde in 'n chaotiese situasie te bring. 



Eweneens bestaan die kerk nie net vir haarself nie. Die sentrale tema van die Skrif is die verheerliking van God, wat uitgedruk word in die vooruitgang van sy koninkryk, sodat God se wil op die aarde, net soos in die hemel, kan geskied. Die kerk bestaan vir hierdie rede — om God se koninkryk te laat vooruitgaan. God het die kerk gesag gegee en in 'n chaotiese wêreld geplaas om orde te bring. Daarom behoort die kerk nie kant te kies wat sosiale kwessies betref nie, want dit staan onder beheer van 'n hoër gesag en verteenwoordig 'n ander koninkryk. Dit beteken dat die kerk altyd God se siening oor 'n saak moet verteenwoordig.



Wanneer die kerk behoorlik funksioneer, is dit soos 'n keerwal wat die vloei van die bose keer. Die keerwalle is egter aan die verbrokkel en skynbaar gaan ons kultuur agteruit. Een rede hoekom hulle faal, is omdat ons die doel van die kerk, die kerk self gemaak het. In plaas daarvan om God se koninkryk uit te bou, wil ons groter kerke bou met meer gemeentelede en baie aktiwiteite. Ons moet terugkeer na die oorspronklike doel van die kerk — die uitbreiding van God se koninkryk.



Gesien in hierdie lig, wat behoort die kerk te doen? 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Role of the Church in Cultural Clashes

Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar is ongeveer oor die 300,000 kerke. Dit beteken, week na week, is daar 300,000 preke, aanbiddi...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid