Leesplan inligting

Die Rol van die Kerk in Kulturele BotsingsVoorbeeld

The Role of the Church in Cultural Clashes

DAG 1 VAN 7

Ware Definisie  



Meestal, wanneer ons vandag die term "kerk" gebruik, bedoel ons bloot 'n plek waar mense bemoediging, onderrig en gemeenskap kan kry. Alhoewel dit goeie dinge is, wanneer ons onsself egter daartoe beperk, het ons die beoogde betekenis van die woord afgewater. Wat is dus die ware definisie van die kerk? Wel, dit is nie 'n sosiale klub nie. Dit is nie 'n plek waarheen jy gaan om vermaak te word en goed te voel wanneer jy dit verlaat nie. Dit is ook nie eens 'n plek om net motivering te soek nie. Dit is ook nie 'n buitepos vir 'n amptelike politieke party nie. 



Om deel van Jesus Christus se kerk te wees, soos deur Jesus omskryf, is om deel van 'n geestelike wetgewende liggaam te wees wat die taak het om die hemel se standpunt in die hel se samelewing te bekragtig. Te midde van 'n plek van oorlog en konflik, het God 'n ekklesia of gemeente gevestig: 'n groep mense wat geroepe is om God se leiding op die toepaslike wyse in die praktyk aan die mensdom te bring. 



Die kerk is 'n gemeenskap van individue wat geestelik verbind is met die doel om die waardes van God se koninkryk te weerspieël en te wettig. Let op, dit gaan oor individuele stukkies van 'n legkaart wat bymekaar inpas om iets groter en kragtiger te skep. Dit is hoekom eenheid vir die liggaam so belangrik is. Jesus het nie gesê dat Hy 'n kerk vir swartes of vir wittes of vir kleurlinge of vir Indiërs of 'n inter-kerklike kerk sou bou nie. Hy het bloot gesê dat Hy sy kerk sou bou. 



Op watter maniere het mense die kerk verkeerd omskryf?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Role of the Church in Cultural Clashes

Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar is ongeveer oor die 300,000 kerke. Dit beteken, week na week, is daar 300,000 preke, aanbiddi...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid