Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 4 VAN 5

 Moedverloorders Wen Wel



Kyk wat sê Hebreërs 12:1: "Laat ons elke las van ons afgooi." Die vers meld spesifiek watter las — "die sonde wat ons so maklik verstrik." Daar is ook ander soorte laste, insluitende aanspreeklikheid in verhoudings.



Elke verhouding wat nie doelbewus floreer nie, sal vir jou 'n las wees. Byvoorbeeld: jy gaan met iemand uit wat onseker van homself is en jy moet gedurig tyd mors om jouself te verduidelik, omdat jou ou dink dat jy bybedoelings het. Wanneer jy iets probeer sê om hom te help, dink hy jy wil hom bykom omdat jy op hom jaloers is. Dit is natuurlik glad nie so nie. Help dit enigsins enigeen van julle?



Wie is op hierdie oomblik 'n las in jou lewe? 



Dit word in Hebreërs voorgestel as iemand wat aan 'n wedloop in 'n sportstadion deelneem, met die wenstreep aan die einde van die baan. "Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop." 



Verbeel jou vir 'n oomblik dat jy op die baan is. God sê: "Ek wil nie hê iemand anders moet in jou baan kom wat jou kan laat struikel nie, want Ek het 'n wedloop vir jou in gedagte wat Ek wil hê jy met volharding moet hardloop. As jy hierdie wedloop wat Ek vir jou beplan hardloop, gaan jy 'n prys wen en baie tevrede wees, want wat Ek in jou lewe wil doen is beter as enigiets wat jy ooit self in jou lewe wou doen. Jy moet My dus vertrou. Daar is egter iets wat jy eers moet doen — jy moet al daardie laste afgooi!"



Trek uit as jou woonstelmaat 'n slegte invloed op jou het. Verander jou klasse as jou professor jou aan jou eiewaarde laat twyfel. Beweeg aan as jou vriend moeilikheid veroorsaak en skinderstories aandra. Bly weg as jou spanmaat by jou aandring om jou standaarde te verlaag. Moet ook asseblief nie daardie meisie of ou verdra wat aan jou slaan nie. Beëindig die verhouding nou dadelik.



Aan watter goddelose of nuttelose verhouding moet jy 'n einde maak, sodat jy ruimte het vir gesonder verhoudings om hulle plek in te neem?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pas...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/624364/relationship-goals-by-michael-todd

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid