Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 1 VAN 5

"Voor Enige Mens"



Voor daar nog enige mens op die aarde was — eintlik, nog voor daar selfs 'n aarde was — was daar al 'n verhouding. Hoe is dit moontlik? Dis omdat God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees as drie persone in een bestaan het. 



Ek kan nou nie juis die Drie-Eenheid verduidelik nie. Niemand kan nie. Dit bestaan, maar hoe dit werk is ver bo ons begrip. Die feit bly staan dat die Bybel dit baie duidelik stel dat die drie persone van die Drie-Eenheid vir altyd saam is. 



Dit beteken die verhouding was daar, is nog steeds en sal vir altyd daar wees. Wonderlik, né?



Die wonderlikste van alles (spesifiek vir ons) is dat die mensdom uit daardie ewige verhouding geskep is. Die Drie-Eenheid het in 'n gesprek saamgestem: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld" (Genesis 1:26). Die Drie-Eenheid het ons nie nodig gehad nie. Hulle was alreeds perfek, volmaak en vervuld in Hulleself. Uit die oorvloed van hulle liefde het hulle besluit om mense te skep, beide man en vrou.



Die eerste mens, Adam, het van die eerste dag af as God se geselskap in die tuin van Eden gewoon. Met ander woorde, hy het 'n verhouding met God gehad voordat daar enige ander mens was om te leer ken. 



Die prentjie wat ons in Genesis 2 en 3 sien, is dat God en Adam beste vriende was. Hulle was saam in die tuin, het oor allerhande goed gesels en saam gestap om na al die nuwe plante en diere te kyk, terwyl hulle die koel aandbriesie saam geniet het. Net hulle twee bymekaar.



Wat kan ons hieruit leer? Dit maak nie saak watter ander verhoudings ons het (of nie het) nie, ons kan almal in 'n verhouding met God wees. Deur Christus nooi Hy ons om dieselfde verhouding te hê as wat Hy in die Drie-Eenheid het — 'n liefdevolle, vrygewige verhouding. 



Al is dit nou vir jou belangrik om 'n aardse verhouding met iemand te vind of te verbeter, is dit ook nodig om te besef dat ons verhouding met God eerste is en bo alle ander verhoudings kom. Dis dié verhouding, ons belangrikste verhouding en alle seëninge spruit voort uit daardie verhouding. 



Hoe lyk jou verhouding met God? Hoe beïnvloed dit jou menslike verhoudings?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pas...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/624364/relationship-goals-by-michael-todd

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid