Hartseer en DroefheidVoorbeeld

Dag 6
God word nie deur ons swakhede gefrustreer of onkant betrap nie. Hy werk juis met die dinge wat lyk asof hulle ons wil verpletter.
Bid
Heilige Gees, bid asseblief vir my — vir die dinge waarvoor ek sou bid as ek alles geweet het wat U weet.
Lees
God belowe sy kinders dat Hy seker sal maak dat alle omstandighede — selfs die pynlikste — tot hulle voordeel sal meewerk.
Romeine 8:26-28
Besin
Die Bybel beklemtoon herhaalde kere dat God die heelal geskep het. Sy wysheid is te omvangryk vir ons om te verstaan. Op 'n geheimsinnige wyse kan ons dus rus in die wete dat ons nie altyd kan verstaan hoe Hy dinge laat uitwerk nie. Tog vra Hy ons om Hom te vertrou. God het 'n doel met jou pyn.
Reageer
Jy kan jouself nie dwing om God te vertrou nie. Om Hom te vertrou vereis bonatuurlike geloof. Geen wonder dit voel so moeilik nie! God se Gees is egter verheug om ons oë oop te maak sodat ons kan sien hoe Hy werk — as ons Hom vra. Vra God om jou geloof te versterk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is geen skande om hartseer te wees nie. Daar is nooit belowe dat die lewe wat aan ons gegee is, vry van pyn of hartseer sal wees nie. Dit is egter van kritieke belang dat ons gedurende die tye wat ons die seerste het, na God en sy Woord sal hardloop vir vrede en vertroosting.
More
Verwante Leesplanne

Oorwinning oor die Dood

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Van die Begin tot in Ewigheid

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Die sin van die lewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Die krag van ’n biddende vrou

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Wandel deur Johannes
