Hartseer en DroefheidVoorbeeld

Bid
Here Jesus, wys my asseblief in vandag se leesplan meer van wie U is.
Lees
Jesus het 'n spesiale band met Lasarus en sy twee susters, Marta en Maria, gehad. Toe Hy dus van Lasarus se ontydige dood hoor, reis Hy na hulle huis.
Johannes 11:32-36
Besin
Hartseer isoleer ons. Mense gaan voort met hul eie lewens — geniet maaltye, vriendskappe en lag — terwyl ons in ons hartseer agtergelaat voel. Wanneer Jesus sy vriende se droefheid sien, kom Hy met hulle pyn in aanraking. Jesus het geweet wat gaan gebeur: Hy sou Lasarus se liggaam uit die dood in die lewe roep. Al weet Hy dat Lasarus weer sal lewe, is Hy so ontsteld oor Maria se pyn (en dalk deur die feit van die dood self) dat Hy saam met haar huil.
Reageer
Probeer jou dit voorstel: Jesus kom nou na jou toe, in die fisiese plek waar jy nou is. Hy sien hoe seer jy het. Deel jou teleurstelling en pyn met Hom, net soos Maria gemaak het. Glo dat Hy verstaan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is geen skande om hartseer te wees nie. Daar is nooit belowe dat die lewe wat aan ons gegee is, vry van pyn of hartseer sal wees nie. Dit is egter van kritieke belang dat ons gedurende die tye wat ons die seerste het, na God en sy Woord sal hardloop vir vrede en vertroosting.
More
Verwante Leesplanne

Oorwinning oor die Dood

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Van die Begin tot in Ewigheid

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Die sin van die lewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Die krag van ’n biddende vrou

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Wandel deur Johannes
