Hartseer en DroefheidVoorbeeld

Gister het ons gelees dat Jesus medelye gehad het met mense wat soos skape sonder 'n herder was. Vandag leer ons meer oor wat dit beteken om 'n goeie herder te wees.
Bid
Jesus, dankie dat U belowe om by my te wees.
Lees
Let op terwyl jy lees wat die herder vir die skrywer van hierdie psalm doen. Jy kan hierdie optrede toepas op dit wat die Here in jou eie lewe doen, veral wanneer jy deur donker dieptes gaan (sien vers 4).
Psalm 23:1-6
Besin
Wanneer die Here vir ons sorg, kom ons niks kort nie (vers 1). Tog voel ons dikwels dat ons wel iets kortkom! Namate ons ons Herder beter en beter leer ken, kan ons bevestig, selfs wanneer ons van droefheid uitgeput is, versuim God nooit om ons te verfris en te herstel nie. Trouens, die psalmdigter sê dat selfs as hy bang is, weet hy dat God by hom is en hom met hartlikheid oorlaai.
Reageer
Dink terug aan 'n tyd toe jy gely het. Kan jy onthou hoe God selfs gedurende daardie tyd vir jou voorsien het? Verskyn God selfs nou aan jou?
Aangaande hierdie leesplan

Dit is geen skande om hartseer te wees nie. Daar is nooit belowe dat die lewe wat aan ons gegee is, vry van pyn of hartseer sal wees nie. Dit is egter van kritieke belang dat ons gedurende die tye wat ons die seerste het, na God en sy Woord sal hardloop vir vrede en vertroosting.
More
Verwante Leesplanne

Oorwinning oor die Dood

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Van die Begin tot in Ewigheid

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Die sin van die lewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Die krag van ’n biddende vrou

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Wandel deur Johannes
