Leesplan inligting

Ek Is EntoesiastiesVoorbeeld

I'm Enthusiastic

DAG 3 VAN 4

Hoe Om Vars Te Begin



Wat is dus die oplossing? Wat as daar nog 'n pap band, nog 'n mislukte eksamen, nog 'n verwerping, nog siekte en nog 'n verlies die lewe uit jou begin uitsuig? Wat as jy traag geword het om God deel van jou daaglikse lewe te maak en nou weet jy nie meer watter kant toe nie? Hoe kan ons na God se teregwysing in Openbaring 2:4-5 luister en teruggaan na die vorige dinge?



Eerstens het Dawid om verskoning gevra. As jy iemand verwaarloos het wat vir jou dierbaar is, moet jy die persoon om verskoning vra. As jy jou tyd en toewyding met die Skepper van die heelal verwaarloos het en sy waarde ondergeskik aan jou eie gemak geplaas het, moet jy Hom ook om verskoning vra. Selfs as jy toegelaat het dat erge pyn of lyding jou weggetrek het van sy liefdevolle sorg en nader aan jou eie bitterheid, vra om verskoning. Om jou deel in die geveg te erken — om daarvoor verskoning te vra — is die eerste stap op die pad na herstel. Hy het vir ons gesê om na Hom toe te kom wanneer ons moeg en uitgeput is. Wanneer ons dit doen, sal Hy die vreugde van ons verlossing aan ons teruggee.



Ons lees in Psalm 51 oor Dawid se berouvolle hart. Hy het God gevra om vir hom 'n rein hart te skep en sy gees te vernuwe. Hoe meer hy na homself gekyk het, hoe meer het hy besef hy was net 'n lui vent wat meer omgegee het oor sy eie wellus as 'n ander man se lewe. Hoe meer hy na God gekyk het, hoe meer was hy soos daardie entoesiastiese jong seun wat 'n reus vreesloos verslaan het om sy volk te red. Hy het besef dat hy minder moet word sodat God belangriker kan word. Kom ons eindig môre op 'n hoë noot deur na voorbeelde van lewens te kyk wat met hierdie soort entoesiasme geleef is. Hier is 'n wenk: jy kan geskiedenis maak wanneer jy minder word om God belangriker te maak.



Bid: Maak 'n lys van enigiets wat jou vreugde steel. Sluit die klein en die groot dinge in. Gaan na 'n stil plek, lees dit vir God, sê dan: “Vader, U is meer as dit werd. Ek vertrou op U. U is die goeie in my lewe. Wys my hoe om elke dag hierdeur saam met U te stap. Hoe kan ek minder word, sodat U belangriker kan word?”


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I'm Enthusiastic

Voel jy soms net lusteloos? Jy is nie alleen nie — selfs koning Dawid het sy vreugde verloor. Begin lees uit deel vyf van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan en raak weer entoesiasties.

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid