Leesplan inligting

Ek Is EntoesiastiesVoorbeeld

I'm Enthusiastic

DAG 2 VAN 4

Dit Is Maklik Om Te Vergeet



O, Dawid. Gister het ons gelees hoe entoesiasties jy die geveg ingehardloop het om jou Goddelike roeping te dien. Vandag lees ons hoe jy later in jou lewe op jou dak geloop het en jou menslike begeerte gedien het. Voordat Dawid met Batseba egbreuk gepleeg het, staan daar in 2 Samuel 11:1 dat hy gedurende hierdie tydperk by die huis gebly het toe ander konings oorlog toe gegaan het. Klink dit soos die herderseun wat so opgewonde was om God te dien dat hy gehardloop het om sonder 'n wapenrusting teen 'n reus te veg?



Niemand sou voorspel het dat die verslaner van Goliat so ver van God sou eindig, dat hy sy koninklike pligte versuim, 'n verhouding met 'n getroude vrou aanknoop en sy minnares se man laat vermoor nie. Ongelukkig is dit verbasend maklik om ons entoesiasme te verloor. Al wat jy regtig moet doen is — vergeet waarvandaan dit kom.



Hoe verhoed ons om nie die Bron van ons entoesiasme te vergeet nie? Ons vertrou God met ons daaglikse behoeftes. Wanneer ons werk moeilik raak, soek ons nie kortpaaie nie, ons soek sy hulp. Ons wandel elke dag saam met God. Ons besef dat “en theos” of "in God" nie kan gebeur as ons Hom nie in ons daaglikse roetine toelaat nie. Ons besef op watter maniere Hy reeds deel van ons lewens is en vra Hom eenvoudig vir nuwe maniere waarop ons Hom elke dag kan dien. Ten slotte, ons aanbid God elke dag. Ons beskou God as die bron van goedheid in ons lewens en ons dank Hom voortdurend daarvoor deur alles wat ons doen, tot sy eer te doen.



Om God te vergeet is maklik, maar dit het hartseer gevolge. Kies vandag om op Hom te fokus sodat jy nie vergeet hoe opwindend dit is om na sy roeping te hardloop nie.



Oorweeg: Wat kan jy doen wat jou passievol maak om na sy roeping te hardloop? Hoe kan jy daagliks meer tyd daarvoor maak?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Enthusiastic

Voel jy soms net lusteloos? Jy is nie alleen nie — selfs koning Dawid het sy vreugde verloor. Begin lees uit deel vyf van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan en raak weer entoesiasties.

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid