Leesplan inligting

Om God se Vrede te ErvaarVoorbeeld

Experiencing God's Peace

DAG 1 VAN 5

Wat is Vrede?



As jy vir mense vra wat vrede beteken, sal hulle waarskynlik 'n verskeidenheid antwoorde gee:




  • Vrede en stilte

  • Rustigheid

  • Vry van onrus

  • Afwesigheid van neerdrukkende gedagtes of gevoelens

  • Eensgesinde verhoudings

  • Vredestyd sonder oorloë 

  • Afwesigheid van vyandigheid of leed


Hierdie antwoorde is nie eintlik sleg of verkeerd nie, maar kom gewoonlik vanuit 'n standpunt wat nie vir God insluit nie. Die wêreld se vrede is heeltemal anders as God se vrede. 



Die vrede wat die wêreld wil hê en aanbied, bring vir ons vrede op 'n verskeidenheid maniere — polisiebeamptes, brandweermanne, aftreefondse en gesondheidsversekering, om maar 'n paar op te noem. Behalwe hierdie dinge, is om geen oorlog te hê nie, eensgesinde verhoudings te beleef en nie neerdrukkende gedagtes te dink nie, wel goeie dinge. Al hierdie dinge help ons en ons is daardeur geseënd. Wie sou dit nie wou hê nie? Hierdie soort vrede is egter tydelik en van omstandighede afhanklik en dit bring nie die soort vrede wat Jesus bied nie. Wanneer dinge kalm is, het ons vrede. Wanneer ons omstandighede moeiliker raak, het ons nie meer vrede nie. 



In Johannes 14:27, maan Jesus ons om nie ontsteld of bang te wees nie. Terwyl ons onsself met tydelike probleme besig hou, bied Hy vir ons 'n permanente oplossing, naamlik sy vrede. Dit maak nie saak hoe intelligent ons is nie, hoe indrukwekkend ons resumés is nie, hoeveel uitvindings ons op ons kerfstok het nie of hoe oulik, skeppend en wys ons is nie — ons weet eenvoudig nie hoe om vrede te skep nie. 



Die Skepper van vrede is die Een wat ons geskape het. Hy is ons Wonderbare Raadsman, ons Magtige God, ons Ewige Vader en ons Vredevors (Jesaja 9:5). Deur die loop van hierdie leesplan, sal ons kyk na wat God se vrede werklik beteken en hoe ons dit in ons lewens kan ervaar.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Experiencing God's Peace

Die wêreld se vrede is heeltemal anders as God se vrede. Wêreldse vrede is tydelik en van omstandighede afhanklik. Daarteenoor bied God se vrede 'n permanente oplossing, naamlik die redding deur Jesus en sy teenwoordighe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid