Leesplan inligting

Vry om vrygewig te weesVoorbeeld

Vry om vrygewig te wees

DAG 3 VAN 5

God seën ons omdat Hy ‘n goeie God is. Hy het ons lief en wil hê dat dit goed met ons sal gaan. Maar daar is ‘n rede waarom Hy ons in soveel oorvloed seën. 


Hy het ‘n agenda. Hy seën ons sodat ons ander kan seën.


Wanneer ons vrygewig is, gee God dikwels vir ons meer, sodat ons meer kan gee. 


Kom ons kyk na die gedeelte in 2 Korintiërs 9:9-11 waar Paulus skryf oor saai en oes. Dit beskryf God se vermoë om sy genade oorvloedig in ons lewens te laat vloei. Maar dan gebruik Paulus ‘n landboumetafoor om te verduidelik waarom dit so is:


Soos daar geskryf staan: “Hy het uitgedeel en gegee aan die armes; sy goedhartigheid bly vir altyd staan.” God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons toedoen bring julle vrygewigheid mee dat God gedank word.


God gee saad aan die saaier – dit is die boer se hulpbron. Om die landboumetafoor op geestelike vlak te verduidelik: dit is al die geld wat God ooit vir ons sal gee. Die boer gee ag op wat hy ontvang het en maak brood daarmee. Hy moet na homself en sy gesin omsien. Maar die saad sal ook “toeneem” en hy moet besluit wat om daarmee te doen. Gaan hy net groter stoorkamers bou om al sy saad te stoor? Of plant hy die saad sodat dit verder sal toeneem?


Paulus skryf oor ‘n vermeerdering van die saad, sodat die oes kan vergroot. En in die konteks van vrygewigheid is hierdie verhoging ‘n “oes van geregtigheid”.


Kan jy die beginsel sien? God wil ons lewens op geestelike, fisiese en materiële vlak seën – of, soos Paulus sê, “in elke opsig”. Waarom? Sodat ons “by elke geleentheid” vrygewig kan wees.


Hy stort sy seëninge oor ons uit om in ons behoeftes te voorsien, maar ook sodat ons in ander kan belê. Dit is hoe die stoorkamer al groter word en ons “oes van geregtigheid” meer en meer word. Elke stap in ons geloof word meer en meer beloon. Die resultaat is dat God gedank word. 


Dit is hoe God se vrygewigheid werk. Hy bewaar ons harte van gierigheid deur ons te seën wanneer ons vrygewig is met wat ons het. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vry om vrygewig te wees

As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. O...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid