Leesplan inligting

Vry om vrygewig te weesVoorbeeld

Vry om vrygewig te wees

DAG 1 VAN 5

Jy dink dalk aan gee as ‘n “moet” – ‘n nodige, maar ongewilde aspek van die Christelike lewe. Indien jy wel so dink, kom ons kyk na vier eenvoudige redes waarom dit die mees intelligente manier is om te leef.


1. Vrygewigheid verander ons lewens 


Mense wat met vrygewigheid leef, voel gelukkig en word dikwels geseën op maniere wat hulle nooit verwag het nie. Wonderlike dinge gebeur in hulle, en wonderlike dinge gebeur met die mense rondom hulle. Jesus het gesê om te gee maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:35). Spreuke 11:25 sê: “Wie ‘n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.”


2. Vrygewigheid verbind ons aan ander mense 


Wanneer mense vrygewig en gaaf is, straal hulle liefde en geluk uit. Daar is iets baie aantreklik omtrent mense wat liefdevol is, wat mooi dinge vir ander doen, wat aanbied om die rekening te betaal of uit hul pad gaan om iemand anders ‘n guns te doen. Vrygewige mense bring positiewe emosies na hul verhoudings. Hulle optrede veroorsaak dat ander mense by hulle wil wees. 


3. Vrygewigheid help ons om te belê in dit wat saakmaak 


Vrygewigheid is ‘n gewaarborgde hoë-opbrengs belegging. Dit is meer as ‘n pragmatiese kwessie. Op ‘n geestelike vlak beskerm vrygewigheid ons van kortsigtige, swak beleggings in ons tyd, ons talente, en ons geld. Vrygewigheid skep langtermynrykdom. 


Op ‘n manier is alles wat jy doen ‘n belegging. Jy stort jou tyd, talent en geld in iets. En waarin jy dit stort – dit is waar jou hart is. 


4. Vrygewigheid bevry ons harte


Jesus wil ons teen slegte beleggings beskerm en ons vir ewigdurende beleggings gereed maak. Die beginsel gaan oor baie meer as oor ons finansies; dit is ‘n saak van die hart. 


Geld is die spieël van ons hart voor God. As jy ‘n akkurate bepaling van jou verhouding met God wil hê, kyk na jou bankstaat en jou kredietkaartbesteding. Kyk waarheen gaan jou geld. Dit sal jou wys waaraan jy toegewyd is.  


Daar is twee soorte skatte in die lewe: tydelike skatte en ewigdurende skatte. Ons moet besluit vir watter een van die twee ons gaan leef – of ons vir die hede gaan leef of vir die ewigheid. As ons oë gerig is op die dinge van God, is Hy ons Meester. As ons oë op wêreldse dinge gerig is, is die wêreld ons meester. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vry om vrygewig te wees

As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. O...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid